Ace moet hieraan aandag gee, sê DA

2011-03-03 09:04
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Byna ’n derde van die Vrystaat se potensiële werkmag is werkloos, die provinsie se infrastruktuur het dringend aandag nodig en die landelike ekonomieë moet ontwikkel word.

Dít is onder die sake waaraan premier Ace Magashule môre in sy provinsiale rede moet aandag gee, het Roy Jankielsohn, Vrystaatse DA-leier, Woensdag op ’n nuuskonferensie gesê.

Jankielsohn sê byna 287000 mense tussen 15 en 64 jaar is werkloos in die Vrystaat.

“Landelike ekonomieë het erg agteruitgegaan die afgelope dekades. Baie eens welvarende dorpe is deesdae afhanklik van toelaes. Die grootskeepse verval van infrastruktuur dra by tot ekonomiese verval,” het Jankielsohn gesê.

Volgens hom hou 30 uit die 101 Vrystaatse rioolaanlegte ’n groot gevaar vir inwoners in.

“Byna 50 000 huishoudings in die provinsie het steeds emmertoilette. Alhoewel baie huise aan armes oorhandig is sedert 1996, bly die regering, veral plaaslike regerings, in gebreke om dié huise met basiese dienste te voorsien.”

Volgens Jankielsohn is daar genoeg hulpbronne, maar kniehalter swak bestuur munisipaliteite dienslewering. Hy wys daarop dat slegs drie munisipaliteite ongekwalifiseerde ouditverslae ontvang het.

Meer as R550 miljoen se tenders, deur 25 munisipaliteite, is toegeken sonder dat die regte tenderprosedure gevolg is. “Meer as R512 miljoen is bestee, waarvoor nie begroot is nie.”

Jankielsohn sê ’n oorsaak van die provinsiale verval is kader-ontplooiing deur die ANC.

“Behalwe dat dit kan lei tot nepotisme en onbevoegdheid, heers geen stabiliteit in munisipale bestuur nie. Slegs vier munisipale bestuurders in die provinsie is al langer as twee jaar by hul onderskeie munisipaliteite.”

Magashule se provinsiale rede is more om 09:00 op die Vista-kampus van die Universiteit van die Vrystaat.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Niekie sê... ONNOSEL! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

PHP Developer

South Africa. Cape Town
Hire Resolve
R15000 - R28000

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa Classic 1.4 Comfort
2003
R 49,995.00

MERCEDES

C200 Elegance AT
1998
R 69,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.