Aardbewing skud Johannesburg
2010-06-14 16:27
Johannesburg - 'n Aardbewing wat 4.3 op die Richterskaal geregistreer het, het die Wesrand en dele van Johannesburg Maandagmiddag geskud, het die Raad vir Geowetenskappe (RGSA) gesê.
Die aardbewing is net voor 14:00 opgeneem en is sterker as dié wat gewoonlik gemeet word, het Ian Saunders, 'n seismoloog, gesê.
Die RGSA het onlangs gesê hy doen 'n studie van aardbewings langs Johannesburg en die ver Wesrandse myngebied.
Baie aardbewings kan toegeskryf word aan mynaktiwiteit of verlate myne.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA