Aanvallers nog soek ná vrou haar doodval
2013-02-07 08:23
Kaapstad – Niemand is nog in hegtenis geneem nadat 'n ontwerper van Jeffreysbaai deur rowers in Kaapstad gedreig is en haar doodgeval het nie, berig Eyewitness News.
Dawnsy Mieny (47) van Jeffreysbaai en haar dogter, Jasmin (21), was op pad na die konsert van die Red Hot Chili Peppers toe hulle bokant Strandstraat in die Bo-Kaap deur ’n gewapende man aangeval is. Die konsert was in die Kaapstad-stadion, berig Die Burger.
Mieny was 'n ontwerper vir Billabong en het na Kaapstad gereis om die konsert saam met haar dogter by te woon.
’n Hawelose man van die Bo-Kaap, wat anoniem wil bly, het Dinsdag aan die koerant gesê hy kan die aanvaller identifiseer.
Lt.kol. André Traut, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die man het die oorledene se handsak gegryp, waarna ’n stoeiery uitgebreek het.
Die vrou het gegly en meters ver in ’n ou steengroef geval, het Traut gesê.
Die dief het met die handsak gevlug. Jasmin is nie beseer nie.
– Volg Nuus24 op Twitter