Aanvallers loop hulle vas in muur van verset

2011-12-27 09:24
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Drie rowers het Vrydagaand hul moses teëgekom toe hulle hulle in ’n aanval op ’n hoewe in Donkerhoek, oos van Pretoria, in ’n muur van verset deur hul slagoffers vasgeloop het.

Een is raakgeskiet in ’n stoeiery wat ontstaan het en nog een se arm is gebreek. Die gewonde aanvaller het gevlug, maar is later deur ’n oplettende polisieman, wat toevallig by die Steve Biko-hospitaal in Pretoria was, opgemerk.

Frantz Müller het gister sy en sy vriend, Gary Saaiman, se teenstand in die aanval verduidelik: “Ons het net geweet ons sal moet veg as ons wil keer dat die vroue en my kind geskiet word.”

Hy, sy vrou, Elizna, en hul sesjarige dogter het saam met Saaiman en sy vriendin, Mariëtte Geldenhuys, onder die lapa gekuier toe die onwelkome besoekers toeslaan.

Müller (47) is in die been geskiet en het ’n skedelfraktuur opgedoen toe een van die aanvallers hom oor die kop geslaan het. Me. Müller (43) is gebyt terwyl sy op die een rower gespring het wat haar man wou skiet. Saaiman (41) is ook in die been geskiet.

Hy het gesê twee gewapende mans het omstreeks 21:30 op hulle afgestap gekom.

“Ek het instinktief op die een rower afgestorm,” het Müller gesê.

Die rower se makker het begin skiet, maar Saaiman was vinnig op hom.

Verskeie skote het in die worsteling tussen die vier mans afgegaan.

“Ek en die een aanvaller het op die grond gestoei. Ek het sy wapen gegryp.

Gary se aanvaller het intussen ook sy wapen verloor.

Die man (met wie Müller baklei het), het opgespring en sy vriend se wapen gegryp. Hy het die sneller getrek, maar die magasyn was leeg,” het Müller vertel.

Dit was toe wat die oorhaastige skelm gegly en geval het.

“My vrou het op hom gespring om te keer dat hy weer skiet.

Sy het so met hom baklei dat hy haar aan die arm gebyt het,” het Müller gesê.

Toe hy opstaan om sy vrou te help, het die rower na iemand geroep.

’n Derde man het verskyn en Müller met ’n onbekende voorwerp oor die kop geslaan.

Die aanvallers het gevlug, maar ’n gewonde Saaiman is agterna en het een van die booswigte platgetrek. Geldenhuys het intussen “al wat lewe” om hulp gebel.

Kort voor lank is byna 50 gemeenskapslede deur “Conserv”, ’n gemeenskapsondersteuningsgroep in die omgewing, gemobiliseer.

Trevor Roberts, eienaar van Conserv, sê hulle het paaie afgesper en noodhulp op die toneel verleen, maar weens die reën kon hulle nie die voortvlugtende twee skelms se spoor volg nie.

Müller het twee dae lank in die Wilgers-hospitaal se intensiewe eenheid deurgebring voordat hy op Kersdag ontslaan is.

Intussen het een van die twee voortvlugtende rowers wat in die stoeiery geskiet is, tot by die N4-snelweg gevorder.

Johannes Jafta, polisiewoordvoerder, het gesê ’n ambulans het heel toevallig verby gery en die beseerde man na die Steve Biko-hospitaal gebring.

“’n Polisieman het iemand met ’n skietwond tussen die mense by die hospitaal gesien.

Hy het die verdagte geëien aan ’n beskrywing wat die Boschkop-polisie vroeër deurgegee het en die tweede verdagte daar en dan in hegtenis geneem.”

Albei is onder polisiebewaking in die hospitaal behandel.

Hulle word aangekla van poging tot moord en besit van onwettige vuurwapens en ammunisie. Die derde verdagte is nog soek.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: aanvalle  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Niekie sê... ONNOSEL! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa Classic 1.4 Comfort
2003
R 49,995.00

MERCEDES

C200 Elegance AT
1998
R 69,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.