‘Aanvallers gebruik glo Malema se naam’

2010-04-12 07:20
Tweets Share Share line Print

Virginia Keppler, Beeld

“Sterf wit man! Viva, Malema!”

Só het vier gewapende rowers glo Saterdag omstreeks 05:00 tydens ’n plaasaanval in Bynespoort, sowat 5 km van Mamelodi in die ooste van Pretoria, geskreeu toe hulle ’n gesin aangeval het.

Leon Johan Koekemoer (39), ’n kaptein en instrukteur in die Herstigte Kommandokorps, was saam met sy vrou, Annelie (37), en hul drie minderjarige kinders en hul 56-jarige loseerder tuis op hul plaas naby die Cullinand-pad toe die rowers toegeslaan het.

Kmdt. Franz Jooste, uitvoerende direkteur van die kommandokorps wat as ’n art.21-maatskappy geregistreer is, het gesê die rowers het deur ’n venster in die sitkamer ingebreek nadat hulle die diefwering oopgebreek het.

Jooste het gesê toe een van die rowers die egpaar in hul kamer wou oorval, het mev. Koekemoer opgespring en die kamerdeur toegegooi en dit probeer toedruk.

“Die rower het die deur oopgeskop en toe met haar begin stoei. Kapt. Koekemoer het opgespring en na sy byl, wat hy in die kamer hou, gegryp.”

Jooste het gesê kapt. Koekemoer het aanvanklik gesukkel om ’n hou in te kry omdat die aanvaller en sy vrou rof gestoei het. Toe hy ’n kans kry, het hy hard na die aanvaller gekap.

“Dié het toe dadelik uit die kamer gehardloop en deur die sitkamervenster gevlug. Sy makker het intussen na die loseerder se kamer gegaan en daar probeer inkom.

“Toe hy uiteindelik by die deur ingestorm het, het die loseerder twee skote op hom gevuur en hy het in die gang dood neergeval.”

Die ander twee aanvallers het ook gevlug. Jooste het bygevoeg dat hulle die plaasaanvalle op mnr. Julius Malema, die ANC-jeugleier, en sy sing van die woorde “skiet die Boer” blameer.

Jooste het gesê dié aanvallers het hulle vasgeloop omdat hul kommando’s paraat is danksy goeie opleiding wat hulle gekry het. “Ons het baie groot suksesse met die nuwe kommando wat weer op die been is.”

Kapt. Sipho Zulu, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek ’n klag van huisroof en poging tot moord.

“Die polisie is ook besig met ’n geregtelike doodsondersoek na die dood van een van die aanvallers,” het Zulu gesê.

-Beeld

Lees meer oor: plaasmoorde  |  aanvalle

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SeeVeeDeeEl sê... Hulle wil maar net "upgrade", maar onthou net, as 'n wit meisie belangstel, dan "downgrade" sy, soos in vir altyd. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2002
R 49,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY96
1999
R 65,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.