Aanvalle op plase: Roof die motief

2012-02-22 08:10
Tweets Share Share line Print

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Potchefstroom – In 90% van plaasaanvalle is die bedoeling om te roof en in net 2% gevalle is dit politiek of rassisties gemotiveerd.

“In 7% van gevalle hou dit verband met loongeskille,” het Kerwin Lebone van die Instituut vir Rasseverhoudinge Dinsdag gesê.

Volgens Lebone is dié syfers verkry in ’n studie waar onder meer polisiedossiere van plaasaanvalle van 1991 tot 2003 bestudeer is.

“Meer onlangse studies het min of meer dieselfde resultate opgelewer, maar baie mense glo steeds plaasaanvalle is ras- of politiek gemotiveerd.”

Lebone se statistieke kom te midde van vrae oor plaasaanvallers se motiewe nadat ’n melkboer van die Buffelshoek-omgewing in Noordwes eergister op sy plaas naby Fochville doodgeskiet is.

Dis die jongste van ’n paar plaasmoorde sedert Januarie in Noordwes.

Die rowers het Maandag slegs met David Hall (48) se motor gevlug sonder om enigiets anders te roof. Sy familie is oortuig hulle het na die plaas gekom met die uitsluitlike doel om Hall te vermoor omdat hulle met feitlik leë hande weg is.

“Ons glo hulle is aangedryf deur uitlatings deur mense soos (die ANC-jeugleier) Julius Malema,” het Hall se broer, Peter, gesê. “Hulle wil boere van plase verjaag om (eindelik) hul grond te vat.”

Volgens Boeta du Toit, uitvoerende hoofbestuurder van Agri-Noordwes, is daar geen bewyse dat plaasaanvalle politiek gemotiveerd en georkestreerde volksmoord is nie.

“Die motief is meestal misdaadgerig, maar onverantwoordelike politieke uitlatings en vakbonde se beskuldigings van rassisme skep ’n klimaat van wreedheid. Dit eskaleer tot verkragtings en moord. Wraakgevoelens kan ook ’n rol speel.”

Volgens Du Toit wil plaasaanvallers veral wapens en geld roof, onder meer weens die wanopvatting dat boere baie kontant en wapens het.

Hy raai boere aan om ook self verantwoordelikheid te aanvaar vir hul persoonlike veiligheid in hul eie gemeenskappe.

Brig. Thulani Ngubane, kommunikasiehoof van die polisie in Noordwes, het gesê misdadige gedrag is die hoofoorsaak van plaasmoorde, net soos in die geval van township- of enige ander moorde. “Misdadigers teiken dikwels plase omdat dit afgeleë is. Ons beskou plaasmoorde net so ernstig soos ander moorde.”

Solly Pheto, provinsiale sekretaris van Cosatu in Noordwes wat boere gereeld van rassisme beskuldig, het gesê misdadigers en nie plaaswerkers nie, val boere aan. “Moord is onaanvaarbaar, ongeag die motief. Plaasaanvalle vernietig die verhouding tussen boere en hul werkers.”

Niemand is teen druktyd gister nog vir die moord op Hall in hegtenis geneem nie.

Volg Nuus24 op Twitter 

- Volksblad

Lees meer oor: plaasaanvalle  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
128 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Cosatu, seg wie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Invoice Clerk

Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R5000 - R5500

Procurement Administrator - Port Elizabeth

Port Elizabeth, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Research and Information capturer - Port Elizabeth

Port Elizabeth, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 2.7 Raider LWB VVT-i RB PU MY05
2007
R 184,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.