Aansoeke om parool summier gevries

2010-12-28 09:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Paroolaansoeke van alle gevangenes wat voor 1994 tot lewenslange tronkstraf gevonnis is, is summier gevries.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van korrektiewe dienste, het die stap in ’n koerantadvertensie aangekondig.

Sy het gesê die verbod sal geld totdat sy duidelikheid kry van die konstitusionele hof oor die rol van die Nasionale Raad op Korrektiewe Dienste.

Die raad doen normaalweg aanbevelings aan die minister van korrektiewe dienste oor parool vir dié kategorie gevangenes.

Die Wet op Korrektiewe Dienste van 1998 beslis dat mense wat tot lewenslange tronkstraf gevonnis is, minstens 20 jaar van hul vonnis moet uitdien voordat hulle om parool kan aansoek doen.

Mapisa-Nqakula meen dubbelsinnigheid het ontstaan nadat die konstitusionele hof in September vanjaar in die guns van Paul van Vuuren beslis het.

Van Vuuren is in 1992 die doodstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan moord, roof en ander misdrywe. Nadat die doodstraf ongrondwetlik verklaar is, is sy vonnis verander in lewenslange tronkstraf.

Hy het hom in September tot die konstitusionele hof gewend wat gelas het dat hy minstens 10jaar van sy vonnis moes uitdien en dat hy nou vir parool in aanmerking kom.

Dit kom daarop neer dat die 5373 gevangenes wat tussen 1Augustus 1987 en 1 Maart 1994 gevonnis is, nou kwalifiseer vir oorweging om op parool vrygelaat te word nadat hulle minstens 10jaar van hul vonnis uitgedien het.

Die besluit beteken dat Clive Derby-Lewis, wat saam met ’n Poolse immigrant, Janusz Walus, skuldig bevind is aan die moord op die SAKP-leier, hris Hani in 1993, ook nou in aanmerking kom.

Derby-Lewis se aansoek om parool is twee jaar gelede op omstrede wyse van die hand gewys toe familie van Hani en die destydse minister van korrektiewe dienste, Ngconde Balfour, kapsie daarteen gemaak het.

Gangreen is in September vanjaar by Derby-Lewis gevind nadat hy oor die raam van ’n ysterkatel in ’n gang van die tronk geval en sy regterbeen beseer het. Later is velkanker ook by hom gediagnoseer.

Mapisa-Nqakula het gesê na aanleiding van Van Vuuren se hofuitspraak sal ’n oudit gedoen word van alle gevangenes wat voor 1 Oktober 2004 gevonnis is.

"Die uitspraak beteken nie dat elke gevangene wat voor 1 Oktober 2004 tot lewenslange tronkstraf gevonnis is, nou die reg het om op parool of dagparool vrygelaat te word nie."


- Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pritt sê... Dit lyk tot jou tjommies het in 'n ry gestaan daarvoor legens. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.