Aansoek onttrek om te myn in wynlande

2010-03-11 10:33
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die wynlande is vir eers veilig. Die staatsbeheerde mynmaatskappy gaan sy prospekteerreg-aansoeke vir die Bottelary-gebied naby Stellenbosch, asook aan die voet van die Tygerberg, terugtrek.

Dít is volgens die direkteur-generaal (DG) van minerale bronne, adv. Sandile Nogxina. Die mynmaatskappy het volgens die DG eers ná die aansoeke ingedien is vasgestel dié gebiede is onder wingerd.

Dit het groot openbare reaksie ontlok – selfs in die buiteland.

Nogxina het aan Die Burger gesê die aansoeke gaan beslis teruggetrek word na aanleiding van sy gesprekke met die maatskappy. ’n Aansoek waar dit later blyk daar ’n natuurreservaat of ander bedrywe bo op die grond bedryf word, sal nooit toegestaan word nie, het die DG verder gesê.

Die gebied sluit in die Bottelary- heuwels-renosterveld-bewarea, ’n deel van die Jordan-wynlandgoed en die historiese De Grendel-landgoed.

Die staatsbeheerde mynboumaatskappy African Exploration Mining and Finance Corporation sal nie ’n “agterdeur” kan vind nie, het Nogxina verseker.

“Die wetlike prosesse maak dit onwettig vir ons om so ’n aansoek toe te staan.”

Aansoeke hiervoor is ingevolge die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleum-hulpbronne by die departement van minerale en energie ingedien.

Gary Jordan van die Jordan-wynlandgoed se grond is regstreeks geraak deur die aansoek om prospekteerregte in die Bottelary-gebied. Toe Sake24 hom Woensdagmiddag bel om oor die terugtrekking van die aansoeke in te lig, was hy nog onbewus van die besluit.

Hy het gesê die terugtrekking word verwelkom, maar dit is baie jammer daar moes eers ’n landwye herrie oor dié kwessie ontstaan het.

“Ek is besorg daaroor dat die hele land nou senuagtig is,” het hy gesê.

Johan Malan, voorsitter van die Kaapse Wyngilde, het gesê dit is goeie nuus, want die langtermyn-voordele van die wynbedryf is groter as die korttermyn-voordele wat prospekteerdery bring.

Die Burger
 

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

noekievanzyl sê... Give that lady a Bell's...or maybe die Orde van Dapperheid...daai bekkie kry jêm!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Nippy. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

BI Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Senior Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.