Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Aansoek om Marikana-ondersoek uit te stel, verwerp

2012-10-01 17:00
Tweets Share Share line Print

Rustenburg – 'n Aansoek om die geregtelike ondersoek oor die skietery by Lonmin se platinum-myn by Marikana in die Noordwes uit te stel, is Maandag verwerp.

Ian Farlam, oudregter, het gesê die ter plaatse inspeksie in Marikana sal Maandagmiddag hervat word.

Dít kom nadat adv. Dumisa Ntsebeza, verteenwoordiger van die 20 families van diegene wat dood is, gevra het dat die kommissie die aangeleentheid vir 14 dae moet uitstel.

George Bizos, 'n menseregte-prokureur, het vroeër aangevoer hy is nie ten gunste van die uitstel nie en gesê dit gaan die kommissie belemmer en sal 'n vermorsing van geld wees.

Ntsebeza het vir 'n uitstel gevra en gesê die slagoffers se families kom van plattelandse omgewings in die Oos-Kaap en hulle het nie geweet die ondersoek begin Maandag nie.

Hy het gesê die families het van die verhoor gehoor toe prokureurs hulle in die Oos-Kaap besoek het.

Ntsebeza het gesê die staat moet die families help sodat hulle na Rustenburg kan reis omdat hulle die verhoor en ter plaatse inspeksie wil bywoon.

Farlam het gesê hy is ingelig die departement van sosiale ontwikkelling is besig om voorbereidings te tref om die families na Rustenburg te bring.

Ntsebeza het ook gesê hy het meer tyd nodig om inligting vanaf die polisie te kry. Hy wil 'n lys met die name van die polisiebeamptes hê wat ten tyde van die skietery aan diens was.

Hy wag steeds op die polisie om die inligting aan hom deur te gee.

Bizos het gesê hy soek ook daardie inligting, maar dit is nie nodig om die saak uit te stel nie.

Intussen het die geregtelike kommissie van ondersoek Maandagmiddag tesame met advokate, ooggetuies en waarnemers by Lonmin se platinum-myn aangekom.

Sommige het onder sambrele gestaan terwyl hulle gewag het vir die ter plaatse inspeksie om te begin.

Inwoners van die nabygeleë informele nedersetting het ook by die toneel saamgedrom.

'n Groep polisiebeamptes was ook teenwoordig.

Altesaam 34 mense is dood en 78 ander is tydens 'n skietery op 16 Augustus gewond toe die polisie probeer het om stakers by Lonmin uiteen te jaag.  

Tien ander mense is die vorige week in gewelddadige betogings dood.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

Lees meer oor: marikana  |  lonmin-slagting
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

trudiroos.potter sê... Ek het nou nog my kinders se Noord Sotho boeke wat hulle in die 90 s in die laerskool gehd het. Dit het hulle nie armer gemaak nie. Die groot probleem is die onderwysers Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Roodepoort - 19:59 PM
    Road name: Ontdekkers Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Ruhama Drive
  • Friday Randburg - 19:58 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Boundary Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Operations Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
R500000 - R600000

Group Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R650000 - R700000

J2EE / Senior Java Developer

Centurion
Communicate Cape Town Engineering

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.