Aanlyn-pornofabriek in Alberton oopgevlek
2011-06-09 23:01
Johannesburg - Die Ekurhuleni-metropolisie het Donderdag ‘n klopjag uitgevoer op ‘n huis in Alberton waar pornografie na bewering verfilm is om aanlyn te versprei.
Agt vroue en ‘n man in sy 40’s is in hegtenis geneem by die Mayberry Park-huis, suid van Johannesburg, het Wilfred Kgasago, woordvoerder, gesê.
“Ná klagtes van die gemeenskap oor ‘n ongewone hoeveelheid vroue wat die huis besoek het, het die EMPD se taakspan vir misdaadvoorkoming toegeslaan en ‘n massiewe aanlyn-‘bordeel’ oopgevlek.”
Die vroue, tussen die ouderdomme van 20 en 30, het na bewering die huis gebruik om “suggestiewe seksuele aktiwiteit” via webkameras uit te saai. Die man het erken hy het die huis gehuur en bestuur en gesê die eienaar was nie bewus van waarvoor dit gebruik word nie.
Hulle werk al meer as ‘n jaar lank in die huis en het na bewering meer as R120 000 per maand gemaak.
Hulle word aangekla vir oortredings van die Film- en Publikasiewet, die Inkomstebelastingwet en bywette van die Ekurhuleni-metropool. Dit groep sal na verwagting binnekort in die Alberton-landdroshof verskyn.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA