Aanklaer se huis met petrolbom aangeval
2011-10-08 23:00
Johannesburg – Ontstoke inwoners van Madikwe in die Noordwes het 'n aanklaer se huis met 'n petrolbom aangeval, het polisie Saterdag gesê.
"Die inwoners is ontsteld oor die hofsaak van drie verdagtes wat Vrydag in die Madikwe-landdroshof plaasgevind het," het Lt-Kol Lesego Metsi gesê.
Die drie verdagtes het in die hof verskyn weens geweldadige betogings vroeër vanjaar, het Metsi verduidelik.
Hy het gesê 'n groep mense het na die hofverrigtinge na die aanklaer se huis gegaan en dit met klippe en stene bestook.
"Een persoon het 'n pertrolbom gegooi."
Nooddienste kon die vlamme blus, maar geen verdagtes is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Metsi het gesê die polisie patrolleer tans die area en monitor die situasie, wat tans onder beheer is.
"Hierdie is dieselfde groep mense wat in September 'n bus uitgebrand het," het hy gesê.
Die groep het blykbaar die bus aangeval omdat die bestuurder hulle nie sonder betaling na 'n landdroshof, 70 km ver, wou neem nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA