AWB-vlag wapper bo Ventersdorp-hospitaal
2011-11-18 19:12
Johannesburg – In plaas van die Suid-Afrikaanse landsvlag,
het ‘n AWB-vlag vir ‘n ruk lank bo die Ventersdorp-hospitaal in die Noordwes
gewapper.
Magome Masike, lid van die uitvoerende
komitee, het die vlag raakgesien tydens ‘n ongeskeduleerde besoek aan die
hospitaal.
Volgens ‘n woordvoerder van die hospitaal,
Tebogo Lekgethwane, is sekuriteitsbeamptes veronderstel om elke oggend die Suid-Afrikaanse
landsvlag te hys en met sononder weer te stryk.
“Iemand het die landsvlag gestryk en in plaas
daarvan die AWB-vlag gehys.
“Hoe hulle dit gedoen het, weet ons nie, want
die hospitaal is 24uur per dag onder wag,” het Lekgethwane gesê.
“Ons kry die idee dat iemand vir ons ‘n
boodskap probeer stuur.
“Dis onduidelik op dié stadium wat daardie
boodskap is.”
Magome Masike stel tans ondersoek in en alle
personeellede word ondervra.
Volgens personeellede was die landsvlag gister
nog gehys.
Die huidige leier van die AWB, Steyn van Ronge, was nie beskikbaar vir
kommentaar nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA