AWB reageer met woede ná plofstof-sage

2010-05-08 12:28
Tweets Share Share line Print

Cathy Dlodlo

Kaapstad - Die AWB het met woede gereageer op die berigte dat ’n groep verregses in Pretoria in hegtenis geneem is wat glo plofstof in townships wou plant.

Luidens die berigte het die polisie die groep ’n week ná die moord op die AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, vasgetrek.

André Visagie, sekretaris-generaal van die AWB, sê sy organisasie is ontevrede omdat daar op ’n verband tussen sy beweging en die verregse groep gesinspeel word omdat die voorval ná Terre’Blanche se moord plaasgevind het.

“As daar ’n misdaad gepleeg word, soos die onwettige besit van plofstof, word die AWB se naam daarby betrek.

“Dit terwyl ons mening nie gevra word nie.”

Visagie sê daar is ook nie seker gemaak of die vermeende misdadigers lede van die AWB is nie.

Hy sê hy wil dit duidelik stel dat dié vermeende misdadigers nie lede van die AWB is nie.

“Verlede week is daar swart mense in hegtenis geneem in verband met die onwettige besit van plofstof waarmee hulle glo ’n kitsbank wou opblaas.

“Die AWB is tóé nie daarby betrek nie. Maar noudat wit mense in hegtenis geneem is, word die AWB se naam bygesleep.”

Visagie het die media daarvan beskuldig dat hy “konstant volhou om die persepsie by die publiek te skep dat die AWB ’n klomp misdadigers is”.

- Volksblad

Lees meer oor: awb

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Niekie sê... ONNOSEL! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa Classic 1.4 Comfort
2003
R 49,995.00

MERCEDES

C200 Elegance AT
1998
R 69,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.