AWB-graffiti ontsier hoofweg
2010-04-06 12:03
Johannesburg – Graffiti van Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) was oral op padtekens langs die N12-hoofweg tussen Johannesburg en Potchefstroom aangebring na die moord op Eugene Terre’Blanche die afgelope naweek.
Volgens kapt. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, is die polisie bewus van die graffiti maar is daar nog geen saak aanhangig gemaak nie.
Sy het bygevoeg dat die graffiti beslis “nuut” is.
Sowat 25 tot 30 padtekens is beskadig met Graffiti wat lees; “AWB, AWB Oorlog” en “777” (‘n vorm van die party se swastika-embleem).
Die padtekens is met helder pienk, bloedrooi en swart verf gespuit.
Op een van die borde het gestaan; “F***** honde”.
-Sapa
– Is jy op die toneel? Stuur vir ons jou foto's na fotos@nuus24.com, of skryf vir ons wat jy dink oor die situasie en rig dit aan terugvoer@nuus24.com.