ANCYL sluit tak ná geld verdwyn
2009-08-06 15:47
Johannesburg – Die ANC-Jeugliga (ANCYL) gaan hul kontroversiële beleggingstak sluit nadat berigte in die media verskyn het oor meer as R400 miljoen wat glo verduister is.
Lembede Investment Holdings het verlede week opspraak gemaak ná berigte dat die vorige bestuur geen finansiële rekords gehou het sedert die beleggingstak in 2000 gestig is nie.
Volgens die Sunday Times is sowat R436 miljoen in 32 verdagte transaksies verduister.
Julius Malema, leier van die ANC-Jeugliga, het Woensdag gesê die aantygings is onwaar.
Volgens Malema gaan die Jeugliga Lembede toemaak omdat hulle “nie die probleem saam met hulle (ANCYL) wil sleep nie”.
Hy het bygevoeg dat enige persoon wat onwettig opgetree het in die beleggingstak vervolg sal word.
- Sapa
- SAPA