ANCYL sing weer ‘Skiet die Boer’

2011-06-16 11:15
Tweets Share Share line Print

Midrand – Afgevaardigdes by die ANC-jeugliga (ANCYL) se nasionale konferensie het Donderdag weer die lied met die woorde “dubula ibhunu” (skiet die boer) gesing.

Bywoners by die beraad het ook ander liedere gesing, almal ter ondersteuning van ‘n hernude termyn vir jeugleier Julius Malema.

Sommige van die liede wat by die konferensie te Gallagher Estate in Midrand gesing is, was ou ANC-liedere, met hul woorde aangepas om ondersteuning vir Malema te toon.

"Sifuna Ujuju manje" (ons wil vir Juju nou hê ) en "uMalema ungowethu" (Malema is ons leier) is van die liede wat deur die meerderheid afgevaardigdes gesing is.

Juju is die jeugligaleier se bynaam.

Malema se toekoms as ANCYL-leier word uitgedaag deur Lebogang Maile, die beweging se provinsiale voorsitter in Gauteng.

Hy is egter die agteros in die stadium, met geen provinsie wat sy poging om die posisie by Malema oor te neem ondersteun nie.

Maile se enigste kans om wel vir die posisie in aanmerking te kom sou wees as ‘n afgevaardigde hom op die dag van die vloer af nomineer.

Hy sou dan ook ondersteuning van 30% van die 5 500 afgevaardigdes by die konferensie moes inwin.

Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

Lees meer oor: julius malema  |  ancyl

Lewer kommentaar op hierdie artikel
24 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Niekie sê... ONNOSEL! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa Classic 1.4 Comfort
2003
R 49,995.00

MERCEDES

C200 Elegance AT
1998
R 69,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.