ANCYL hou hárd partytjie
2011-06-19 23:17
Johannesburg – Afgevaardigdes na die ANC-Jeugliga se verkiesingskonferensie, waar verrigtinge Sondag tot ‘n end gekom het, sou na verwagting Sondag dwarsdeur die nag partytjie hou in dieselfde lokaal waar die konferensie gehou is.
“Comrades, julle praat nou al vir die afgelope vier dae politiek en nou moet julle partytjie hou. Ons het Suid-Afrika se top-kunstenaars, wat julle gaan vermaak,” het Julius Malema, ANCYL-president, gesê.
Hy het dié aankondiging gemaak nadat hy sy lang afsluitingstoespraak by Gallagher Estate in Midrand voltooi het. Die partytjie, waarby kunstenaars soos Zakes Bantwini en Chomee sou optree, sou na verwagting teen 19:00 begin en in Maandag se vroeë oggendure tot ‘n einde kom.
Afgevaardigdes het Woensdag vir dié konferensie begin opdaag. Die meeste van hulle sal na verwagting Maandag hul hotelle verlaat.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA