ANCYL gewalg deur klagte teen Malema
2010-06-09 02:00
Johannesburg - Die ANC-jeugliga (ANCYL) is gewalg deur die “malligheid” van ‘n “sekere” Afrikaner wat Julius Malema, die ANC-jeugligaleier, weens volksmoord en misdade teen die mensdom by die internasionale strafhof in Den Haag verkla het.
“Die ANCYL is gewalg deur die malligheid van ‘n sekere Afrikaner-boer van Rustenburg wat glo ‘n aanklag teen Malema ingedien het, weens die feit dat hy vryheidsliedere gesing het,” het die jeugliga in ‘n persverklaring gesê.
Die man wie se identiteit aan die hof in Den Haag, maar nog nie aan die media bekend is nie, het landuit gevlug en sal terugkom na Suid-Afrika sodra die hof in Den Haag sy veiligheid kan waarborg.
Volgens die ANCYL is hierdie nuutste verwikkelinge ‘n poging deur verregses om die ANCYL omver te gooi.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.