ANCYL eis verandering aan grondwet
2011-10-28 13:58
Pretoria – Die ANC-jeugliga het Vrydag 'n beroep op die regering gedoen om die grondwet aan te pas om toe te laat dat grond sonder vergoeding geëis kan word.
Ronald Lamola, adjunkpresident, het 'n griefskrif by die Uniegebou in Pretoria uitgelees, waar die liga se optog vir "ekonomiese vryheid" geëindig het.
Die jeugliga eis dat art. 25 van die grondwet, wat eienaars van privaateiendom teen arbitrêre ontneming beskerm, aangepas word en toelaat vir vergoeding.
Thulas Nxesi, nuutaangestelde minister van openbare werke, het die griefskrif aanvaar.
Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, was bly dat Nxesi die een was wat die griefskrif aanvaar het.
"Ons het 'n minister. Ons kry altyd wat ons wil hê. Ons is nie 'n Mickey Muis-organisasie nie. Ons is 'n ernstige organisasie," het Malema gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA