ANCYL dreig om Twitter te sluit
2010-11-03 19:00
Johannesburg – Die ANC-jeugliga gaan vra dat die sosiale netwerk Twitter gesluit word as administrateurs niks doen om nabootsers van sy president, Julius Malema, te stop nie.
Floyd Shivambu, 'n woordvoerder, het Woensdag gesê hulle gaan na maniere kyk om dit te doen, selfs al beteken dit om polisie toe te gaan.
Hy het gesê die jeugliga is bekommerd oor die skep van valse Twitter-profiele in Malema se naam en misleidende boodskappe publiseer.
"Die jeugliga het op meer as een geleentheid die nabootsers verkla, maar geen aksie is tot dusver teen hulle gebring nie. Ons sal vra dat Twitter gesluit word as sy administrateurs nie klagtes vir die skending van basiese menseregte en intergriteit kan hanteer nie," het hy in 'n verklaring gesê.
Shivambu het gesê die jeugliga gaan weer 'n klag by die owerhede indien.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA