ANCYL-besluite 'is nié ANC-beleid'

2011-06-20 22:54
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Besluite wat geneem is op die ANC-Jeugliga se verkiesingskongres, wat Sondag tot ‘n einde gekom het, verander nié ANC-beleid wat op regeringsvlak toegepas word nie, het die regerende party Maandagmiddag gesê.

“Ons wil dit onomwonde stel dat die ANCYL-besluite steeds dié van die Liga is en geen verandering maak aan ANC-beleid wat op regeringsvlak toegepas word nie,” het Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

Die ANC-verklaring is uitgereik nadat landbou-unies Maandag ernstige besorgdhede uitgespreek het oor Julius Malema, ANCYL-president, se uitsprake dat grond sonder vergoeding afgeneem sal word.

Mthembu het gesê uitsprake deur die ANCYL oor kwessies soos die nasionalisering van myne en grondhervorming maak deel uit van deurlopende gesprekke met die regerende party.

“Hierdie menings is reeds gelug op verskeie politieke platforms, wat verlede jaar se Algemene Nasionale Raadsvergadering in Durban insluit.”

Mthembu het gesê die ANC het die ANCYL as ‘n integrale deel van die ANC tot stand gebring en dat die liga as ‘n onafhanklike struktuur bestaan.

Agri SA en die Transvaalse Landou-unie (TLU) het met woede gereageer op Malema se belofte om “grond sonder vergoeding te vat” en het gewaarsku dat daar ernstige gevolge vir voedselsekerheid en die vertroue van buitelandse beleggers kan wees.

Die Afrikaan-Boerevereniging van Suid-Afrika (Afasa), wat opkomende swart boere verteenwoordig, het gesê hulle wil saamwerk met die regering en tradisioneel wit landbougroepe om werkskepping en voedselsekerheid te skep.

“Ons probeer ‘n weg vorentoe vind. ‘n Gemeenskaplike, verenigde stem van wit en swart boere. Ons wil na die regering gaan en met een stem en in een taal praat,” het Mike Mlengana, president van Afasa, gesê.

“Ons wil die ekonomie volhou, nie verwoes nie,” het Mlengana gesê.

Theo de Jager, adjunkpresident van Agri SA, het gesê dit is waar dat grondhervorming nie op die oomblik werk nie.

“Nie vir die begunstigdes nie, nie vir die boere nie en nie vir die regering nie, maar niemand het die moed om op te staan en te sê dit is te wyte aan die swak manier waarop dit deur die departement van grondsake geïmplementeer is nie.

“Dit is nie die gewillige verkoper-deel wat gefaal het nie, dit is die gewillige koper-deel, omdat dit die werk van onbeholpe en onervare jongelinge is om die ooreenkomste te maak en grond te koop.”

Volgens De Jager is sowat 30 persent van die land se grond in die staat se hande.

“En dit is die mees onproduktiewe grond in ons land. Waarom wil hulle nou gaan mors met ‘n sektor in die ekonomie wat werk skep?”

Aggrey Mahanjana, voorsitter van die Nasionale Opkomende Rooivleis Produsente-organisasie, het gesê hy glo dit sal “heeltemal onregverdig” wees om grond sonder vergoeding te vat.

“Ons ondersteun nie dit nie. Ons glo steeds daar is baie maniere om grond terug aan die swart boere te gee sonder om werklik die huidige eienaars van grond, of hulle nou swart of wit is, skade te berokken.

“Ons glo nie ‘n boer moet sy grond oorhandig nie. Dit sal heeltemal onregverdig wees,” het Mahanjana gesê.

Hy het gesê hy het ‘n vergadering met die regering aangevra om Malema se uitsprake op dié konferensie – waar hy as leier herverkies is – te bespreek.

Die leier van die DA, Helen Zille, het op Twitter aangedui dat sy Malema bloot beskou as die katalisator vir die politieke rigtingverandering wat Suid-Afrika nodig het.

Derek Hanekom, adjunkminister van Wetenskap en Tegnologie, het Saterdag op Twitter gesê wat die Jeugliga ook al sê, die afneem van grond is nié ANC-beleid nie.

“Saam met baie ander, sal ek dit nooit ondersteun nie. Nooit nie.”

- Volg Nuus24 op Twitter

 

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Daizy sê... Hoe de hel weet 'n sewejarige "kind" nie hoe om 'n deur oop te sluit nie. Die klink meer vir my soos 'n 7 jarige kleintjie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa Classic 1.4 Comfort
2003
R 49,995.00

MERCEDES

C200 Elegance AT
1998
R 69,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.