ANCYL: Oorhandiging van Semenya se huis uitgestel
2010-12-11 12:36
Johannesburg - Die ANC-jeugliga het die amptelike oorhandiging van ‘n huis wat hulle aan Caster Semenya belowe het uitgestel.
Die oorhandiging van die huis in Mmasehlong, Limpopo deur Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, is uitgestel tot verdere kennisgewing, het Floyd Shivambu, ‘n woordoerder gesê.
Volgens hom is die huis reeds gebou en ten volle gemeubileerd.
Shivambu het gesê die oorhandiging van die huis is uitgestel omdat die datum nie al die gaste gepas het wat dit moes bywoon nie.
In Oktober hierdie jaar het die ANCYL teenoor sekere koerante uitgevaar wat berig het dat Malema nie by sy beloftes behou om donasies aan sekere mense te maak nie.
“Die ANC-jeugliga het nie net R60 000 aan Semenya betaal nie, maar ook R120 000 en het ook verdere skenkings gemaak om haar huis in Limpopo te bou,” het Shivambu gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA