ANCYL: Malema hét rybewys
2010-03-05 16:00
Johannesburg - Die ANC-jeugliga (ANCYL) ontken berigte dat sy omstrede leier, Julius Malema, aansoek gedoen het om sy rybewys te hernu na dit glo in September verlede jaar verval het.
"Dit is nie waar nie. Hy het 'n rybewys," het Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANCYL, gesê .
Beeld het berig dat Malema vandeesweek " inderhaas" aansoek gedoen het om die hernuwing van sy rybewys ná onbevestigde berigte Maandag in The Star gepubliseer is.
Volgens dié berig het hy ook meer as R4 500 se uitstaande verkeersboetes betaal wat hy hom die afgelope twee jaar op die hals gehaal het.
"Al die goed is privaat. Mense soek net sensasie," het Shivambu gesê.
Ronnie Makhado, die hooftoetsbeampte, het gesê hy kan nie onthou of Malema daar was nie.
– Sapa