ANC wil name nog vóór fees verander

2011-12-21 10:03
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – HY wil graag sien dat die nuwe Vrystaatse plekname voor Januarie, betyds vir die ANC se eeufeesviering in Bloemfontein, goedgekeur word.

Só sê adv. Sephiri Moshodi, voorsitter van die Vrystaatse komitee vir geografiese name.

“Die voorgestelde name gaan aan die Suid-Afrikaanse Raad vir Geografiese Name gestuur word sodat dit binnekort goedgekeur kan word.” Hy hoop dit gebeur voor die ANC se eeufees in Januarie in die Rosestad.

Altesaam R2 miljoen is in die Vrystaat bestee aan openbare verhore oor pleknaamveranderings.

Die komitee is in Julie vanjaar deur die departement van sport, kuns en kultuur gestig om onder meer navorsing te doen oor naamsveranderinge en om inwoners van stede en dorpe daaroor te raadpleeg. Die komitee het verskeie openbare verhore oor die provinsie heen gehou.

Volgens Moshodi is ’n gedeelte van die R2 miljoen gebruik vir reiskoste en bemarking.

“Ek weet glad nie wat dit gaan kos om die name wel te verander nie. Die provinsiale regering sal dit moet beantwoord.”

Tankiso Zola, woordvoerder vir die provinsiale departement, sê hy kan nie kommentaar oor die koste lewer voordat hy nie al die feite tot sy beskikking het nie. Volksblad verneem dit kan tot R22 miljoen beloop.

Sommige van die nuwe voorgestelde name is skerp deur individue, maatskappye en inwoners veroordeel en daar is gesê dit is ’n onnodige verkwisting van geld.

’n Beswaarde groep op Kroonstad, Gatvol Kroonstad, het ’n versoekskrif begin om te keer dat die dorp se naam verander.

Moshodi het gesê hy weet daar is beswaar oor die dorp se naam, maar indien die Suid-Afrikaanse Raad vir Geografiese Name dit goedkeur, sal die proses begin om die naam te verander.

Sommige van die nuwe voorgestelde name is die name van helde uit die apartheidsjare.

Moeketsi Lebesa, leier van die Dikwankwetla-party, sê om die name na ANC-helde te verander, is om die geskiedenis te verdraai.

“Die ANC-helde is nie die enigstes wat geveg het vir demokrasie nie.” Voorts sê hy om die name te verander, is net ’n manier om geld te verkwis.

“Ons paaie word deur slaggate verteer en om ’n paar name te verander, gaan beslis nie honger mense kos gee nie.” 

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: vrystaat  |  anc

Lewer kommentaar op hierdie artikel
45 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Daizy sê... Hoe de hel weet 'n sewejarige "kind" nie hoe om 'n deur oop te sluit nie. Die klink meer vir my soos 'n 7 jarige kleintjie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa Classic 1.4 Comfort
2003
R 49,995.00

MERCEDES

C200 Elegance AT
1998
R 69,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.