ANC wil inligtingswet stoomroller

2011-11-15 07:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die verwagting is dat die ANC sy meerderheid gaan gebruik om die omstrede Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting sonder ’n openbarebelang-verweer te aanvaar.

Die Nasionale Vergadering (NV) sal nou ook eers volgende week oor die omstrede wetsontwerp stem nadat die stemming aanvanklik môre sou wees.

Luwellyn Landers, ANC-LP, het Maandag bevestig die stemming is met ’n week vertraag om ’n “tegniese kwessie” op te klaar.

Die ANC het die wetsontwerp in September tydelik van die parlementêre program onttrek om sy eie konsultasieproses buite die parlement te volg.

Belangegroepe was onder die indruk dié konsultasieproses sou die weg baan om die ad hoc-komitee gemoeid met die wetsontwerp weer in die lewe te roep om die wetsontwerp te wysig.

Murray Hunter, nasionale koördineerder van die organisasie Right2Know, het Maandagaand gesê hulle is erg gefrustreerd.

“Daar was geen openlikheid rondom die sogenaamde konsultasieproses nie.

“Nou is die wet terug (op die parlementêre program) sonder dat enige veranderings aangebring is.”

Ook Dene Smuts, DA-LP, het Maandag aangevoer die ANC het van die begin af nie geweet wat hulle doen nie.

Van die grootste besware is dat die wet ongrondwetlik is in die afwesigheid van ’n openbarebelang-verweer om joernaliste wat geklassifiseerde staatsinligting openbaar maak, te beskerm.

Die Burger het verneem ook die vakverbond Cosatu volstaan by sy standpunt dat die wetsontwerp drasties herskryf moet word, veral omdat dit fluitjieblasers nie voldoende beskerm nie.

Alle aanduidings is egter daar dat die NV die wetsontwerp volgende week sal goedkeur en dat die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) sekere wysigings sal voorstel wanneer die wetsontwerp voor hom dien.

Van die moontlike veranderings is om die gronde te verbreed ingevolge waarvan iemand ’n hof kan nader om toegang tot geklassifiseerde staatsinligting te kry.

Die wetsontwerp maak dit reeds moontlik vir iemand wat in besit is van geklassifiseerde staatsinligting om dit vóór publikasie aan ’n regter voor te lê, wat dan sal besluit of die bekendmaking wel in die openbare belang is.

Sou die NRP sekere wysigings voorstel, sal die wetsontwerp weer na die NV verwys word.

Na verneem word is die ANC nie meer van plan om die wetsontwerp vanjaar te finaliseer nie.

Die party is egter onverstoord as dit by die openbarebelang-verweer kom.

Die NV sal môre ’n uur lange debat oor die wetsontwerp voer.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: sa politiek  |  anc  |  inligtingswet

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Daizy sê... Hoe de hel weet 'n sewejarige "kind" nie hoe om 'n deur oop te sluit nie. Die klink meer vir my soos 'n 7 jarige kleintjie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa Classic 1.4 Comfort
2003
R 49,995.00

MERCEDES

C200 Elegance AT
1998
R 69,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.