ANC wil Chuene se bas red

2011-02-15 08:32
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die ANC in die parlement is skynbaar vasbeslote om die geskorste voorsitter van Atletiek Suid-Afrika (ASA), Leonard Chuene, uit die pekel te probeer help.

In die proses wil die regerende party eerder die wêreld warm maak vir die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok).

Chuene is Maandag ná ’n tugondersoek skuldig bevind aan klagtes wat onder meer verband hou met wanbesteding, belastingknoeiery en swak bestuur.

Die Burger het betroubaar verneem van ’n petisie wat verlede week voor die parlement se komitee oor sport gedien het waarin gevra word dat Saskok se skorsing van Chuene ongeldig verklaar word. ANC-LP’s was sterk ten gunste dat dit ondersoek word.

Een van dié ANC-LP’s, Mgolodi Dikgacwi, het bevestig dat die petisie ontvang is. Hy wou nie kommentaar lewer op Chuene se skuldigbevinding nie.

Dikgacwi het wel onthul die petisie is deur “sekere lede van ASA” onderteken en aan die parlement gestuur.

Adv. Norman Arendse het die tugondersoek na Chuene en nog twee voormalige ASA-raadslede, Kakata Maponyana en dr. Simon Dlamini, gelei. Hulle is ook skuldig bevind.

Arendse se bevindings volg ná ’n forensiese ouditverslag wat Saskok na die geldsake van ASA aangevra het.

Van die klagtes waaraan Chuene skuldig bevind is, is:)dat hy eensydig en sonder goedkeuring ’n betaling van meer as R1miljoen aan Banele Sindani goedgekeur het om te verseker dat Sindani hom nie as voorsitter van ASA teenstaan nie;

dat Chuene die Caster Semenya-aangeleentheid heeltemal verkeerd hanteer het, en;

dat hy sonder die nodige toestemming salarisverhogings goedgekeur het en bonusse laat uitbetaal het in ’n stadium toe ASA geldelik in die verknorsing was.

Tubby Reddy, uitvoerende hoof van Saskok, het gesê in kort kom dit daarop neer dat Chuene-hulle op baie ernstige klagte skuldig bevind is. Die drie skuldiges het tot Donderdag om appèl teen hul skuldigbevinding aan te teken.

Die petisie versoek egter dat die minister van sport, Fikile Mbalula, intree en Saskok oortuig om nie die bevindings van die tugondersoek bekend maak nie.

Verder word versoek dat die geskorste bestuurslede van ASA in hul poste herstel word. Dit vra ook dat Saskok se “bedrywighede met betrekking tot hoe hy met ASA-bestuurslede omgegaan het”, ondersoek word.

Dit is wyd bekend dat veral die voorsitter van die parlement se komitee oor sport, Butana Komphela, en Saskok nie langs dieselfde vuur sit nie.

Chuene het verlede jaar twee keer geweier om voor die komitee te verskyn oor sy hantering van die Caster Semenya-sage en oor ’n forensiese oudit na ASA se geldsake.

Verhoudinge het só versuur dat die komitee dit al oorweeg het om Saskok te dagvaar en hom só te dwing om na die parlement te kom. Van dié dreigement het egter tot dusver weinig gekom.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: leonard chuene  |  skandale  |  asa

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Sal defnitief my liniaal moet saamneem om 'n afmeting te maak ... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.