ANC was hande oor jeugliga-skuld

2011-10-15 10:08
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Mathews Phosa, tesourier-generaal van die ANC, het gister sy hande in onskuld gewas oor die minstens R1,1 miljoen wat die ANC-jeugliga aan verskeie hotelle in Suid-Afrika skuld en nie betaal nie.

Die Suid-Gautengse hooggeregshof het Dinsdag gelas die jeugliga moet ’n rekening van byna R400 000 aan die Crown Plaza-hotel betaal nadat meer as 70 jeugligalede in Junie vanjaar daar gebly het en weg is sonder om hul rekening te vereffen.

In April vanjaar het die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria ’n lasbrief uitgereik wat die balju gemagtig het om beslag te lê op bates ter waarde van R670 000 in die kantore van die ANC-jeugliga in Luthuli-huis, die ANC se hoofkwartier, om ’n rekening van die Queens Garden-hotel te vereffen. Dié rekening dateer van die jeugliga se 23ste nasionale kongres in die jeugliga se nasionale kongres in 2008. Gister het dit aan die lig gekom dat die balju nooit op enige bates beslag kon lê nie en dat dié rekening steeds uitstaande is.

“Die adjunkbalju het op 3 Mei probeer om op roerende bates van die ANC-jeugliga beslag te lê, maar was onsuksesvol,” het Frik Pretorius, die hotel se regsverteenwoordiger, gesê.

“Ons is van ’n relaas voorsien waarin aangetoon is dat die jeugliga oor geen roerende bates beskik nie, maar dat alles aan die ANC behoort.”

Ná vandeesweek se hofbevel het Floyd Shivambu, woordvoerder van die jeugliga, gesê hy is nie bewus van die uitstaande skuld nie, maar hulle sal betaal as dit waar is.

Hy het ontken dat hulle enige kommunikasie oor die rekening van die hotel gekry het. hoewel Darryl Erasmus, direkteur van die hotelgroep, bevestig het daar was sedert Junie vanjaar wedersydse kommunikasie oor die rekening tussen hulle en Moshala Mothiba, persoonlike assistent van Julius Malema, ANC-jeugleier.

“Die jeugliga sê nou hy is een van die strukture van die ANC en nie ’n instelling op sy eie nie,” het Pretorius gesê.

“Hulle hou partytjies en konferensies en sluit ooreenkomste in hul eie naam, maar besluit soos dit hulle pas of hulle deel is van die ANC of nie.”Na bewering het die jeugliga ook uitstaande skuld by Gallagher Estate in Midrand.

Mandy Erasmus, ’n woordvoerder, wou dit egter nie bevestig nie en het gesê hulle bespreek nie finansiële kwessies soos dié met die media nie.

Volgens Pretorius beplan hulle om die ANC self vir die uitstaande bedrag te dagvaar.

Phosa was gister duidelik ontsteld oor die vraag of die ANC gaan pa staan vir die jeugliga se skuld.

“Die jeugliga hoef nie die ANC se toestemming te vra om kontrakte aan te gaan nie.

“Hulle is individue en dis hul reg om soveel konferensies te hou as wat hulle wil en in hotelle te bly as hulle wil en dit is hul verantwoordelikheid om te betaal.”

Oor die balju se dilemma dat die jeugliga geen roerende bates besit nie, het Phosa gesê: “Die jeugliga hoef geen bates te besit as hy nie wil nie.”

Pretorius het in reaksie daarop gesê: “Hoe lank gaan die ANC sy kleuterskool hieromtrent bly beskerm en alle diensverskaffers ’n koue skouer gee?”

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Daizy sê... Hoe de hel weet 'n sewejarige "kind" nie hoe om 'n deur oop te sluit nie. Die klink meer vir my soos 'n 7 jarige kleintjie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa Classic 1.4 Comfort
2003
R 49,995.00

MERCEDES

C200 Elegance AT
1998
R 69,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.