ANC vra hulp met sy eeufees

2011-12-08 07:00
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – In die lig van die meer as 100 000 mense wat volgende maand na die ANC se eeufeesvieringe in Bloemfontein gaan stroom, word ’n sterk pleidooi aan boere en ander inwoners gerig om grond beskikbaar te stel vir tentdorpe waarin gaste kan bly.

Talle tentdorpe sal na verwagting nodig wees en op oop stukke grond in en om die stad opgerig word.

Só sê Thabo Manyoni, die Mangaung-metro-munisipaliteit se uitvoerende burgemeester en ondervoorsitter van die ANC in die Vrystaat, in ’n eksklusiewe onderhoud met Volksblad oor die gasheerrol wat hy vir die ANC-eeufees moet vervul.

Hy sê hoewel hy nie bekommerd is oor die aantal mense wat na die Rosestad gaan kom nie, is hy wel bekommerd oor of die stad in die water- en elektrisiteitsaanvraag sal kan voorsien. Taakspanne sal dié kwessies, asook of hier voldoende sanitasie is, ondersoek.

Manyoni het erken die stres begin sy tol eis, want presies ’n maand voor een van die grootste geleenthede wat Bloemfontein tot nog toe gaan aanbied, moet nog baie gebeur.

“Ons soek nog hope markies- en ander tente om te gebruik vir diegene wat onder die sterre moet slaap. Van die gaste sal met eie kampeertoerusting kom. Boere se goedgunstigheid word gevra om kampeergrond beskikbaar te stel.”

Op die vraag presies hoeveel mense die eeufees gaan bywoon, sê hy: “Moenie oor getalle bekommerd wees nie, maar dis of die water en elektrisiteit gaan hou.”

Volgens hom werk nasionale en provinsiale taakspanne van 100 mense nou saam met die Mangaung-metro.

Op die vraag of daar genoeg sanitasiegeriewe vir die gaste wat onder die sterrehemel gaan slaap, beskikbaar gaan wees, het hy gesê daar bestaan nog onsekerheid oor hoe dié probleem opgelos gaan word.

Dan soek hy ook nog ’n groot genoeg onthaallokaal vir die gala-geleentheid op 7 Januarie waarop die staatshoof, pres. Jacob Zuma, en die meer as 40 staatshoofde, gaste sal wees. Van die mense kom van onder meer Rusland, Skandinawië, Swede en Afrika-state.

Manyoni glo die eeufeesvierings sal naas die Wêreldbeker-sokkertoernooi die naasgrootste geleentheid in Bloemfontein se geskiedenis wees.

“Ek wens ek kan self in die lokasie gaan bly,” sê hy oor die groot geld wat die mense van Woodland Hills met die verhuring van huise gaan verdien. Hy glo die ANC se eeufees sal Bloemfontein internasionaal op die kaart plaas.

Dit sal ’n histories betekenisvolle geleentheid wees deurdat die plaaslike en internasionale gemeenskap met die stad en sy geskiedenis in verbinding gebring word. 

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: anc  |  sa politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
54 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Daizy sê... Hoe de hel weet 'n sewejarige "kind" nie hoe om 'n deur oop te sluit nie. Die klink meer vir my soos 'n 7 jarige kleintjie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa Classic 1.4 Comfort
2003
R 49,995.00

MERCEDES

C200 Elegance AT
1998
R 69,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.