'ANC-vieringe 'n duur dwelmmiddel'
2012-01-08 22:46
Johannesburg – Die ANC se eeufeesviering is ‘n baie duur spektakel wat geskep is om mense teen hul eie verdrukking en ontmagtiging te bedwelm, het die Unemployed People's Movement Sondag gesê.
“Die vieringe word gebruik om die mense te oortuig dat ‘n beweging wat die mense verraai het ons regering is,” het die voorsitter van die UPM, Ayanda Kota, in ‘n verklaring gesê.
“Sedert 1994 was daar nie ‘n herorganisering van die ekonomie nie. Die hoogtes van die ekonomie bly steeds in die hande van ‘n klein elite... Werkloosheid skiet die hoogtes in. Meeste jongmense het nog nooit gewerk nie.”
As dinge beter word, selfs as dit stadig beter word, sal mense dalk gewillig wees om geduldig te wees, het Kota gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA