ANC verwelkom beslissing oor lied

2011-09-23 09:04
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Julius Malema, ANC-jeugleier, en die ANC mag appelleer teen die gelykheidshof se bevinding dat die lied met die woorde “Skiet die Boer” haatspraak is.

Regter Colin Lamont het Donderdag in dié hof gesê sy uitspraak is van uiterse sosiale belang en dat ’n ander hof moontlik tot ’n ander gevolgtrekking kan kom.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, wat een van die klaers in die saak is, het ná die beslissing buite die hof gesê: “Ons het reeds twee hofsake teen Malema gewen en is vol vertroue dat ons dit vir ’n derde keer in die appèlhof en selfs ’n vierde keer in die grondwethof kan regkry.”

Die ANC het die beslissing by monde van Jackson Mthembu, woordvoerder, verwelkom. “Helde van die gewapende stryd het geen monument wat aan hulle hulde bring nie. Ons liedere bly ons enigste simboliese monumente. Om die mense daarvan te ontneem is om letterlik die grafte van Sisulu, Luthuli en ander onbesonge helde te skend.”

Die appèlhof sal die saak tussen Malema en die ANC enersyds en AfriForum en TLU SA andersyds na verwagting eers volgende jaar aanhoor.

Adv. Muzi Sikhakhane, Malema en die ANC se regsverteenwoordiger, het Donderdag gesê hulle beoog steeds om die grondwethof oor die bevinding te nader.

Lamont het ook gelas dat AfriForum ’n maand gegun word om ook op enige punte in die uitspraak te appelleer, sou hulle dit goeddink.

Adv. Roelof du Plessis, vir TLU SA, het tydens die hofverrigtinge sy misnoeë te kenne gegee omdat sekere mediagroepe Lamont as rassisties uitgemaak het.

“Ons beoog om stappe soos minagting van die hof en laster teen dié individue aanhangig te maak.”

Du Plessis het ook benadruk dat hoewel AfriForum oorspronklik gevra het dat Malema verbied word om die lied te sing, het TLU SA gevra vir ’n interdik om almal te verbied om dit te sing. Dit is wel wat Lamont gelas het. Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, het ná Lamont se bevinding gesê: “Die ideaal sou wees as die ANC hulle by dié uitspraak kan berus.”

Die burgerregte-organisasie is egter nie verras dat verlof tot appèl toegestaan is nie.

“Ons is bly vir die geleentheid om die uitspraak ook van nader te bekyk. Indien ons dit goeddink, kan ons dan ook op strategiese punte appelleer.”

Kriel het gesê hul regspan is gereed om die oorspronklike bevinding te verdedig.

Volgens hom is die ANC se argument dat dié lied deel van hul geskiedenis uitmaak, irrelevant ten opsigte van die gelykheidswet wat self deur die ANC deurgevoer is.

“Die wet verbied enigiemand om rassistiese aanmerkings te maak. Jy kan nie omdraai en sê jy het dit nooit bedoel nie. Soos die regter bevind het, dit gaan oor hoe die persoon wat dit aanhoor die aanmerking beleef en nie oor die persoon wat dit uiter nie.”

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: julius malema  |  anc  |  skiet die boer

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Amanda sê... Ek dink as die swartes kan tooi tooi, moet ons wittes dit ook doen eendag en almal op trek en almal optrek na die ANC HUIS en gaan klippe gooi en tyres brand tot Zuma se hy bring die doodstraf terug. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

C#.net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2011
R 144,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2008
R 255,000.00

FORD

Fiesta 1.6 Ambiente 5-dr AT MY06
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Ghost Recon Future Soldier

Vanaf: R349.95

Beplan, vernietig, infiltreer. Verloor jouself in die toekoms van oorlogvoering, word 'n Future Soldier met Gost Recon.Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.