ANC verwelkom Boesak terug

2009-11-03 16:19
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Skaars twee ure nadat Allan Boesak sy bedanking vanaf Cope aangekondig het, het die ANC hom terug verwelkom na hulle kamp. 

Membathisi Mdladlana, minister van arbeid het Boesak Dinsdag in ‘n verklaring na die party terug verwelkom.

“Ons wil Boesak herinner aan sy tuiste, die organisasie met die ideologie en visie, die ANC,” het Mdladlana gesê.

Dié minister, wie ook die leier van die ANC Wes-Kaap taakspan is, het Boesak se skuif verwelkom om hom van ‘n sukkelende party te dissosieer.

“Cope is vaag, verlore en deurmekaar,” het Mdladlana gesê.

“Cope is ‘n party van dwase desperate mense, wat op mense se gevoel speel. Hulle werk buite die bewustheid van die mense van Suid-Afrika.”

Boesak het vroeër Dinsdagoggend sy bedanking by die Congress of the People ingehandig, glo omdat die party se strukture in wanorde is.

Volgens hom wou hy nie ‘n leierskapsrol by die party gehad het, toe hy in 2008 by hulle aangesluit het nie.

Boesak het gesê daar is al baie goeie hardewerkers geskors omdat hulle die party se leierskap gekritiseer het.

Phillip Dexter, woordvoerder van Cope, het Boesak se kritiek afgemaak en gesê dit was nog nooit maklik om ‘n nuwe party te stig nie.

“Ons het sy bedanking met teleurstelling ontvang. Hy het by die party aangesluit toe ons dit net gestig het, en baie mense het hoë verwagtinge gehad toe hy by die party aangesluit het.”

“Die uitdagings wat Boesak uitgewys het, is algemene uitdagings wanneer dit kom by ‘n nuwe organisasie. Ons wens hom alles van die beste toe,” het Dexter gesê.

Boesak se bedanking is nie die eerste vir Cope nie. Twee senior leiers Simon Grindrod en Lynda Odendaal het vroeër bedank as gevolg van die manier hoe die party bestuur word.

Cope is die derde grootste party in die parlement en werk toenemend saam met die DA.

Boesak het belowe om sy werk in die gemeenskap, kerk en as ‘n buitengewone professor aan die Universiteit van Stellenbosch voort te sit.

Hy het ook bygevoeg hy sal voortaan vir Cope bid.

“My gebed is dat Cope weer hul hoop en visie sal vind, om die beloftes wat hulle aan die mense van Suid-Afrika gemaak het, kan vervul.”
 
- Sapa
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Daizy sê... Hoe de hel weet 'n sewejarige "kind" nie hoe om 'n deur oop te sluit nie. Die klink meer vir my soos 'n 7 jarige kleintjie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa Classic 1.4 Comfort
2003
R 49,995.00

MERCEDES

C200 Elegance AT
1998
R 69,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.