ANC vertrap vryheid

2011-11-23 07:01
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die ANC het Woensdag die muilbandwet met behulp van sy meerderheid deur die Nasionale Vergadering gestoomroller ondanks waarskuwings dat hy die land daarmee na ’n tydvak van geheimhouding terugneem.

In ’n stormagtige debat het Lindiwe Mazibuko, leier van die opposisie in die Parlement, die ANC gewaarsku dat hy die vryheid waarvoor Suid-Afrikaners geveg het, vertrap.

Mosiuoa Lekota, leier van Cope, het gesê hy sidder om te dink dat mense wat berig dat geld gesteel word, in die naam van die ANC opgesluit sal word.

Mondli Makhanya, voorsitter van die SA Nasionale Redakteursforum (Sanef), het ná die stemmery op die trappe voor die parlement gesê hy is gebroke.

“Ons het nooit kon dink die dag sou aanbreek dat ons, geklee in swart, hierheen sou kom en getuie sou wees van die feit dat ons demokrasie verraai word deur dieselfde mense wat daarvoor gestry het nie.”

Opposisiepartye het dit in die debat duidelik gemaak as pres. Jacob Zuma weier om die wet na die grondwethof te verwys, sal hulle hul getalle in die NV gebruik om dit self te doen.

Ingevolge die Grondwet kan ’n wet binne 30 dae nadat die president dit onderteken het, na die grondwethof verwys word indien ’n derde van die 400 parlementslede in die NV só ’n voorstel steun.

“En die goeie nuus is die opposisie het inderdáád ’n derde,” het Steve Swart, ACDP-LP, die ANC vooraf gewaarsku.

Die emosionele debat is gekenmerk deur intense verdeeldheid, skerp beskuldigings en vertragingstegnieke. Die opposisiepartye het die proses so lank moontlik probeer vertraag, maar sonder sukses.

Die ANC het die veldslag gewen deur die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting met 229 stemme teenoor 107 aanvaar te kry. Dit word nou na die Nasionale Raad van Provinsies verwys, wat veranderinge kan voorstel.

Dit is egter te betwyfel of die openbarebelang-verweer in dié proses die paal gaan haal omdat die ANC duidelik onwrikbaar daaroor is.

“Ons bly onoortuig oor die (noodsaak van ’n) verweer van openbare belang... die meeste teenstanders van die wetsontwerp het dit nie eens gelees nie,” het Luwellyn Landers, ANC-LP, namens die regerende party gesê.

Die UDM-leier Bantu Holomisa, het adj.pres. Kgalema Motlanthe wat in die voorste banke gesit het, gevra om die wetsontwerp op die agenda te plaas wanneer die ANC se nasionale uitvoerende komitee die naweek vergader.

“Luister na die mense daar buite,” het Holomisa gemaan met verwysing na die toenemende burgerlike verset teen die wet.

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF+, het aangevoer met die wetsontwerp loop Suid-Afrika die gevaar om dieselfde pad as Zimbabwe te loop waar geen persvryheid is nie.

Ook die Nelson Mandela-herinneringsentrum het sy stem tot dié van ander beswaardes gevoeg en in ’n verklaring gesê hulle is bekommerd sekere dele van die wet is “ongrondwetlik”. Maar volgens die stigting kan dit maklik reggestel word sonder om die basiese beginsels van die wet te “kompromitteer”.

’n Paar honderd ondersteuners van die Right2Know-veldtog, asook joernaliste en ander belangstellendes het tydens die stemmery buite die Parlement teen die wetgewing betoog.

Net nadat die wetsontwerp aanvaar is, het almal in die openbare galery en mediagalery die sitting uit protes verlaat.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: media  |  inligtingswet

Lewer kommentaar op hierdie artikel
33 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Daizy sê... Hoe de hel weet 'n sewejarige "kind" nie hoe om 'n deur oop te sluit nie. Die klink meer vir my soos 'n 7 jarige kleintjie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa Classic 1.4 Comfort
2003
R 49,995.00

MERCEDES

C200 Elegance AT
1998
R 69,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.