ANC veroordeel gru-plaasmoord

2011-02-10 09:03
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die ANC het Woensdag in wat as ’n “simboliese gebaar van uitreiking” na die boeregemeenskap beskou word, die grusame moord op ’n bejaarde boer van Limpopo skerp veroordeel.

André Botha, voorsitter van Agri SA se nasionale landelike veiligheidskomitee, het gesê dié ongewone stap “lei ’n nuwe era” in die verhouding tussen die regerende party en die land se boere in.

Frik Hermann (78) se lyk is Dinsdag in sy plaashuis naby Alma gevind. Sy hande was agter sy rug vasgebind en dit blyk hy was reeds ’n paar dae lank dood.

Hermann is die oom van dr. Dirk Hermann, uitvoerende adjunkhoof van die vakbond Solidariteit. Dr. Hermann het Woensdag gesê sy oom het vermoedelik nog geleef nadat sy aanvaller(s) gevlug het. “Hy was só vasgemaak dat hy nie kon loskom nie.”

Die ANC het ’n verklaring uitgereik waarin hy die “koelbloedige moord ten sterkste veroordeel” en het gesê dit is ysingwekkend dat plaasmoorde gepleeg word.

“Die land is beroof van ’n persoon wat die grootste gedeelte van sy lewe aan boerdery gewy het – ’n kritieke sektor vir ekonomiese groei en voedselsekerheid,” het Jackson Mthembu, nasionale woordvoerder, gesê.

Hermann het sy waardering teenoor die ANC vir die sterk bewoorde reaksie uitgespreek.

“Maar reaksie alleen is onvoldoende. ’n Mens hoop die sterk verklaring lei tot ’n nuwe fokus op plaasmoorde.

“Die ANC behoort só oor elke plaasmoord te voel. Mag oom Frik se moord die vonk wees vir ’n vuur teen plaasmoorde.”

Hermann het Woensdag ’n brief vir pres. Jacob Zuma geskryf waarin hy aanvoer sy oom is “boer nommer 1647” wat vermoor word.

“Ek doen ’n dringende beroep op u om wel in u staatsrede erkenning te gee aan die hartseer en pyn van families wat sonder hul geliefdes na u gaan luister,” lui sy brief.

Die verhouding tussen die regering en boere was die laaste paar jaar stram, onder meer weens die vorige minister van landbou, Lulu Xingwana, se omstrede uitsprake en die boeregemeenskap se gevoel dat te min gedoen word om landelike gebiede te beveilig.

Volgens Botha het georganiseerde landbou en die regering ’n beter verstandhouding ná hul gesprekke by die sakeberaad in Durban in Julie verlede jaar.

’n Gesindheidsverandering het plaasgevind en daar is ’n politieke wil om landelike veiligheid op te skerp, al ontbreek die kundigheid en doeltreffendheid soms op grondvlak om dit in werking te stel.

“Maar ons word as volwaardige landsburgers erken en dit gee ons hoop,” het Botha gesê.

Volgens hom is misdaad nie tot landelike gebiede beperk nie en distansieer Agri SA hom van groepe wat plaasmoorde verpolitiseer.

“Die meerderheid plaasmoorde is gewone misdaad – boere is sagte teikens en hulle is goedgelowig.”

- Volksblad

Lees meer oor: plaasmoorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Daizy sê... Hoe de hel weet 'n sewejarige "kind" nie hoe om 'n deur oop te sluit nie. Die klink meer vir my soos 'n 7 jarige kleintjie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa Classic 1.4 Comfort
2003
R 49,995.00

MERCEDES

C200 Elegance AT
1998
R 69,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.