ANC veroordeel Lindley-plaasmoord
2010-12-07 22:28
Johannesburg – Die ANC het die moord op die Vrystaatse boer, Attie Potgieter en sy gesin ten sterkste veroordeel.
Jackson Mthembu, ‘n woordvoerder, sê die party is teen alle vorms van misdaad in die land gekant.
Potgieter, sy vrou en hulle driejarige dogtertjie is verlede week op hulle plaas in die Lindley-distrik vermoor.
Mthembu sê dit is jammer dat individue die moorde gebruik het om rasse-ondertone daaraan te heg.
Hy sê dat die mans agter die moorde met die volle mag van die reg gestraf moet word.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA