ANC 'verhoed pogings om korrupsie te beveg'
2012-08-25 22:49
Johannesburg – Die ANC blok alle pogings om korrupsie te beveg, het die DA se parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko, Saterdag gesê.
“Die DA het twee wetsontwerpe in die parlement voorgestel om die plaag van korrupsie te beveg, maar die ANC het hulle verhoed,” het Mazibuko in ‘n toespraak gesê.
Een wetsontwerp sou staatsamptenare verhoed om saketransaksies met die regering te doen, terwyl die ander een maatskappye waarin mense wat ‘n plek in die politiek beklee ‘n aandeel het, sal verhoed om saketransaksies met die staat te doen, het sy gesê.
Volgens Mazibuko sê die ANC die wetsontwerpe kan sakeondernemings skade aanrig.
Mazibuko het verder gesê die ANC het die armes alleen gelos.
“Julle is alleen gelaat toe julle ‘n vriend nodig gehad het, iemand wat vir julle hulp kan bied tot op die leer van voorspoed.”
Miljarde rande wat gebruik kan word vir die ontwikkeling van vaardighede, die voorsiening van basies dienste en om entrepreneurs te help, word deur ‘n paar korrupte mense gesteel, het sy gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA