ANC tjoepstil oor Malema-verhoor
2012-01-23 13:00
Johannesburg – ‘n Sluier van geheimhouding is getrek oor die appèlverhoor van die voormalige ANC-jeugliga-president Julius Malema, wat glo Maandagoggend in Johannesburg afgeskop het.
Keith Khoza, woordvoerder van die die ANC, het gesê lede van die party is beveel om nie kommentaar te lewer oor die verhoor by Luthuli-huis nie.
“Die media is uit gehou en ons weet niks daarvan nie. Die media kan inligting ontvang sodra die verhoor afgehandel is,” het hy gesê.
Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANCYL, het geweier om kommentaar te lewer.
“Moet my nie pla hiermee nie, Ek sal niks oor die verhoor sê nie.”
Malema se advokaat, Dali Mpofu, het geweier om te bevestig of die verhoor afgeskop het.
“Ons is besig op die oomblik,” het hy gesê.
SABC radio-nuus het om 11:00 berig dat die verhoor onderweg was.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA