ANC stook vuur om Chuene te pos

2009-10-05 05:44
Tweets Share Share line Print

Lizel Steenkamp

Kaapstad. – Vuur word agter die skerms gestook om van Leonard Chuene, president van Atletiek Suid-Afrika (ASA), ontslae te raak.

So sê ’n hooggeplaaste regeringsamptenaar wat gister verklaar het gesprekke word gevoer om druk op ASA te plaas om Chuene af te dank.

“Bepaalde prosesse is begin om verligting te bring. Daar is baie dinge (wat agter die skerms) gedoen word.”

Die regering se ongelukkigheid strek verder as net Chuene. Daar is “groot ongemak” oor ras-uitsprake in die Caster Semenya-sage.

Kommer oor hoe atletiek bestuur word, het ook toegeneem nadat Nedbank verlede week sy borgskap opgeskort het, onder meer weens die negatiewe publisiteit wat ASA die laaste ruk kry.

“Dis ’n aanduiding van die erns van die situasie en hoe mense daar buite voel as ’n borgskap sonder konsultasie opgeskort word,” het die hooggeplaaste amptenaar aan Beeld gesê.

Chuene klou verbete aan sy pos sedert hy verlede maand beken het hy het gelieg oor geslagstoetse wat voor die Wêreldbyeenkoms in Berlyn op Semenya gedoen is.

Hoewel ASA op ’n spesiale vergadering op 24 September ’n mosie van vertroue in Chuene en sy bestuurspan aanvaar het, het die ANC en die departement van sport en ontspanning genoeg gehad.

Gert Oosthuizen, adjunkminister, het al voor dié vergadering ’n beroep op ASA gedoen om Chuene af te dank. En volgens Brian Sokutu, ANC-woordvoerder, het die regerende party se nasionale uitvoerende komitee ’n taakspan aangestel om die saak te ondersoek.

Sokutu het ontken dat die ANC eergister ’n groep mense na die Tuks-kampus in Pretoria vervoer het om ’n vergadering van besorgde atlete te ontwrig. “Die ANC het níks daarmee te doene gehad nie.”

Atlete wat Suid-Afrika sedert 1994 verteenwoordig het, het eergisteroggend vergader om ’n verslag op te stel wat hulle aan ASA, die regering en die internasionale vereniging van atletiek-federasies (IAAF) wou stuur.

Volgens Geraldine Pillay, ’n voormalige Olimpiese atleet, is die verslag toe nie opgestel nie omdat Hendrik Mokganyetsi, ’n raadslid van ASA, ’n groep ondersteuners gevat het om die vergadering te ontspoor. “Hendrik was aanvallend en aggressief. Hy het gesê dis ’n rassistiese vergadering wat ge- reël is om Chuene sleg te sê. Dít terwyl die meerderheid van ons swart is.”

Pillay het gesê diegene wat ongenooid opgedaag het, was nie atlete nie.

“Hulle het geskreeu en geskel en toe voor die deure gesing en getoi-toi. Ek het bedreig gevoel, maar die kampuspolisie het hulle later verjaag.”

Volgens haar is atlete moeg vir die “raskaart wat holrug gery is”. “Atletiek gaan oor atlete. Die geskreeu oor rassisme is nonsens. Ons probeer om atletiek se toekoms te red.”

Mokganyetsi het gister ontken dat hy ’n groep gevat het om die vergadering te ontwrig. “Kan hulle (die organiseerders) dit bewys?” Hy het die vergadering as oudatleet bygewoon, het hy verklaar en ook ontken dat hy die organiseerders van rassisme beskuldig het. “Nee, daar was nooit só iets nie.”

Volgens hom het Nedbank nie sy borgskap opgeskort weens die debakel om Semenya nie. “Dit het níks daarmee uit te waai nie. Nedbank behoort te weet ons hoofdoel is transformasie en ontwikkeling. Hoekom het hy onttrek voordat hy met ons (ASA) gepraat het?”


- Beeld

Lees meer oor: leonard chuene  |  caster semenya  |  asa

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Daizy sê... Hoe de hel weet 'n sewejarige "kind" nie hoe om 'n deur oop te sluit nie. Die klink meer vir my soos 'n 7 jarige kleintjie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.