ANC skree blou moord oor skildery

2010-07-11 10:12
Tweets Share Share line Print

Yiull Damaso by sy skildery van oudpres. Nelson Mandela. Die ANC meen dit is in swak smaak.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Politieke storm het losgebars oor ’n skildery waarin Suid-Afrika en die wêreld se grootste lewende ikoon, oudpres. Nelson Mandela, uitgebeeld word as ’n lyk wat oopgesny word asof vir ’n nadoodse ondersoek.

Die omstrede werk deur die kuns­tenaar Yiull Damaso is gegrond op Rembrandt se bekende Die anatomieles van dr. Nicolaes Tulp.

In Damaso se weergawe omring bekende Suid-Afrikaanse politici die lyk van Mandela.

Suid-Afrika se regerende alliansie het met ongekende woede ge­reageer en die uitbeelding as walglik, oneerbiedig en rassisties beskryf. Die ANC het ook die skildery aangegryp om opnuut voorbrand te maak vir ’n “onafhanklike media­tribunaal”, wat in kringe buite die regering beskou word as ’n verskuilde poging tot ’n heksejag op die vrye media.

Teen druktyd het die Mandela-gesin hulle nog van kommentaar weerhou. Die skildery hang sedert Dinsdag in die Hyde Park-winkelsentrum in Johannesburg.

Mnr. Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, sê die party keur die skildery ten sterkste af. Hy het gal gebraak teen die Mail & Guardian, wat die skildery eergister op hul voorblad gepubliseer het.

“Dit is in swak smaak, oneerbiedig en ’n belediging vir die waardes van ons samelewing,” sê Mthembu.

Die ANC veroordeel voorts “die bevoordeling van die vryheid van spraak en die kunste wat geen grense ken nie en op ander se reg op waardigheid en privaatheid trap”.

“Hierdie onbeteuelde vryheid van die media bewys die selfregulerende drukmedia is ’n rampspoe­dige resep… Ons gaan dus voort met ons poging om ’n onafhanklike mediatribunaal op die been te bring om dié siellose, agterstraat-joernalistiek te takel.”

Volgens hom is dit ’n daad van “ubuthakathi” (toordery) om ’n lewende persoon as dood uit te beeld en boonop is die skildery rassisties.

Mnr. Patrick Craven, Cosatu-woordvoerder, sê dit is veragtelik dat die ikoon Mandela uitgebuit word vir winsbejag.

“Cosatu eis dat dit uit die openbare oog verwyder en nooit weer vertoon word nie.”

Damaso sê egter die skildery het nog net positiewe reaksie van die publiek uitgelok. Hy sê hy sal graag met Mandela se familie wil praat.

“Hulle moet weet dit is uit die grootste liefde en bewonde- ring gedoen. Hy (Mandela) bly die man wat ons land en volk gered het.”

Maar Damaso gee toe: “Dit is ’n skokkende beeld en mense sal ongelukkig wees, maar dit is geskep om mense te laat kyk en dink.”

In die skildery lig Nkosi Johnson, die bekende vigswesie wat aan dié siekte oorlede is, die spiere in Mandela se voorarm om vir die omstanders te wys dat hy net menslik is.

“Mnr. Mandela se lewensbesluite het mense toegelaat om hom in ’n bepaalde lig te sien,” sê Damaso. “Dít is wat die omstanders van die bekende leier moet leer.”

Pres. Jacob Zuma word uitgebeeld waar hy na Nkosi kyk vir leiding. “Hy (Zuma) is ons president en in ’n magsposisie. Ons wag om sy besluite te sien,” meen Damaso.

Me. Nicola van Kan, bemarkingsbestuurder van Hyde Park, sê die kunstenaar beoefen sy reg op vryheid van uitdrukking en die sentrum ondersteun dit.

- Met Rapport se besoek aan Hyde Park het besoekers slegs lof uitgespreek vir die kunswerk.

Mnr. Samuel Lekalakala (28), ’n klerk in die sentrum, sê hy het dit op sy Facebook-profiel gelaai.

“Net die manier waarop Yiull die skildery verduidelik… Al was ek blind sou ek presies geweet het waaroor dit gaan.”

- Damaso het nie op ’n verkoopprys besluit nie. Sy ander Madiba-werke verkoop teen R120 000 elk.

- Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: nelson mandela  |  kuns

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Mariana sê... @SêNet - dankie man jy moet net die landsvlag styf oor dit trek sodat niemand dit kan sien nie... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 20-30°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Widely scattered tstorms. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Business Analyst

Western Cape, South Africa
Ayanda Mbanga Communications
Market Related

Senior Network Engineer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R20000 - R32000

Data Manager

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2011
R 109,000.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2009
R 89,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.