ANC-segsman weer in hof vir dronkbestuur
2010-03-24 09:09
Johannesburg - Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, verskyn na verwagting Woensdag in die Wynberg-landroshof op aanklag van dronkbestuur.
Mthembu is op 11 Maart in Kaapstad in hegtenis geneem ná hy afgetrek is omdat hy in die BMT-buslaan gery het.
Lede van die stad se spookeenheid het hom vir 'n asemtoets geneem omdat hulle vermoed het dat hy onder die invloed van alkohol bestuur.
JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gesê Mthembu se bloedalkoholvlak was 0,87 mg/100 ml – amper vier keer die wettige perk van 0,24 mg/100 ml.
Mthembu is vir 'n paar uur aangehou sodat hy kon nugter raak.
– Sapa