ANC-segsman dalk vry oor 'ongeldige' asemtoetser

2010-03-15 13:11
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Dronk bestuurders wat onlangs in Gauteng vasgetrek is, kan moontlik vrygespreek word nadat die asemtoetser waarmee hulle getoets is, opgeskort is, het die nasionale vervolgingsgesag (NVG) Maandag gesê.

"Die Dräger-apparaat is vir die afgelope twee weke weens ‘n sertifiseringsprobleem in Gauteng opgeskort,” het Mthunzi Mhagagesê.

"Ons het ook alle dronkbestuur-sake uitgegooi wat op die uitslae van dié asemtoetser sou staat maak. Dit is ook sake wat nog nie begin het nie."

Mhaga het gesê die NVG het met owerhede in ander provinsies in gesprek getree oor dié asemtoetser.

Indien dié asemtoetser, ná die besprekings wel opgeskort word, kan dit die einde van Jackson Mthembu, die ANC-woordvoerder se saak van dronkbestuur wees.

Mthembu is verlede week Donderdag in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hy onder die invloed van drank bestuur het.

Hy is slegs met die Dräger-asemtoetser getoets.

Gauteng kan vir tyd en wyl slegs op bloedtoetse as bewys in dronkbestuur-hofsake staat maak, het hy gesê.

Sup. Wayne Minnaar van die Johannesburgse metro-polisie het gesê daar was niks met die apparate verkeerd nie.

"Alle masjiene moet aan die nasionale standaarde voldoen en ons hoop hulle kan so vinnig moontlik beskikbaar wees."

Die produksie bestuurder van Dräger, Chris Vertue het gesê ’n verandering in die vervolgingsriglyne het veroorsaak dat die masjien buite die veronderstelde sertifiseringsprosedures geval het. Daar was geen foute by die asemtoetser self nie, het The Star berig.

Vertue het gesê die onderneming wag vir die nodige papierwerk van Duitsland voordat hulle die apparaat kan hersertifiseer.

Die prosedure kan egter maande neem.

- Sapa
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: misdaad  |  padveiligheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Albert sê... Allemagtig maar die klomp kan praat, 'n mens kan sweer hulle is ernstig en dat hulle hulleself glo. Die Premier van die Limpopo van almal, die provinsie wat R42 Miljard se skuld nie kan verklaar nie. Disipline??? Zuma en die hele verdomde regering is 'n toonbeeld van ongedisiplineerdheid by uitnemendheid. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.