ANC se webwerf het pornografie
2009-07-20 09:29
Johannesburg – ’n Kuberkraker het ’n reeks advertensies vir onder meer gratis pornografie op die ANC se amptelike webtuiste aangebring.
Die skakels daarna was teen gisteraand nog te sien.
Die party het hom gisteraand van dié materiaal op sy tuisblad by www.anc.org.za gedistansieer en wys die vinger na kuberkrakers, het mnr. Brian Sokutu, ANC-woordvoerder, gister gesê.
“Die ANC sal al die nodige stappe doen om dié advertensies, wat niks met die ANC te doen het nie, te verwyder.
“Ons het nie die inhoud geplaas nie en het geen bande met die persoon wat by ons webtuiste ingebreek het met die doel om die ANC in die verleentheid te stel nie,” het hy gesê.
SAPA