ANC sal Mugabe glo help wen
2011-12-10 22:25
Johannesburg – Die ANC het volgens berigte aangebied om die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, se party te help om die beplande verkiesing volgende jaar te wen.
Die Sunday Times het berig dat die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, Donderdag aan afgevaardigdes by 'n Zanu-PF-kongres beloof het dat sy party Zinbabwe se regerende party sal help om die volgende verkiesing te wen.
"Ons is bereid om julle by te staan in die komende verkiesing en om aan strategieë te werk wat julle kan laat wen. Julle moet nou die materiaal na ons stuur sodat ons daaraan kan werk en sodat [ons] iets kan bydra," het Mantashe gesê.
Mantashe is een van die politici wat genooi is om afgevaardigdes by die kongres toe te spreek.
"Die ANC wil graag sy verbintenis bevestig om 'n goeie en betroubare buurman te wees vir mede-bevrydingsbewegings," het Mantashe gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA