ANC sál Malema dissiplinêr verhoor
2011-08-19 11:35
Johannesburg – Die leierskap van die ANC het bevestig dat Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, dissiplinêr verhoor sal word oor sy onlangse uitlatings oor Botswana, berig die eNews-kanaal.
Die ANC het Malema en die leiers van die ANCYL (Floyd Shivambu) daarvan beskuldig dat hulle die party in oneer bring.
Malema is van wangedrag aangekla.
Malema het vroeër vandeesmaand gesê het hy het planne om ’n “bevelspan” saam te stel om weerstand te organiseer teen die president van Botswana, Ian Khama, se bewind, het Die Burger vroeër berig.
– Volg Nuus24 op Twitter