ANC ruk sy jeugliga toe nie in bek

2011-08-09 08:09
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die langverwagte vergadering tussen die ANC se leierskorps en die halsstarrige ANC-jeugliga het Maandag op niks uitgeloop nie toe die vergadering uitgestel is.

Daar is wyd bespiegel dat die jeugliga in die bek geruk sou word nadat Julius Malema, jeugligaleier, uit sy beurt gepraat en gesê het hy beplan om ’n “bevelspan” saam te stel om weerstand teen pres. Ian Khama van Botswana te organiseer.

Die ANC het dié uitspraak as ’n verleentheid bestempel en gesê swak dissipline binne die jeugliga is hoog op die agenda van gister se vergadering in Luthuli-huis in Johannesburg.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het egter Maandagmiddag laat in ’n verklaring gesê ná deeglike oorweging is die vergadering op die laaste oomblik uitgestel.

“Die rede waarom hierdie vergadering (tussen die ANC en die jeugliga) uitgestel is, is omdat die vergadering (van die ANC se nasionale uitvoerende komitee) besef het van die kwessies wat met die leierskorps van die ANC-jeugliga bespreek moet word, behels oortredings wat tot tugoptrede kan lei.”

Mantashe het verduidelik Maandag se vergadering sou die eerste tussen die ANC-leierskorps en die nuutverkose leiers van die ANC-jeugliga wees en sou die nuwe leiers se induksie insluit.

“Weens onlangse verwikkelinge en omstrede stellings deur die ANC-jeugliga is daar besluit dat dié kwessies tydens die vergadering aandag moet kry.

“Die vergadering het ooreengekom dat die nie-omstrede kwessies geskei moet word van dié wat as oortredings beskou word.”

Politieke ontleders meen dit is onwaarskynlik dat Zuma daadwerklik teen die jeugliga sal optree omdat die ANC-leierskorps bang is om die liga op sy plek te sit in die aanloop tot die volgende ANC-leierskonferensie in Mangaung.

Die Sunday Independent het Sondag berig die ANC-jeugliga finaliseer sy kandidatelys van ANC-leiers wat hy op die regerende party se 53ste nasionale konferensie in Desember volgende jaar gaan ondersteun.

Floyd Shivambu, woordvoerder van die jeugliga, het dié bewerings Maandag ontken. Hy het gesê die jeugliga se aksieplan vir ekonomiese bevryding sal uiteindelik die leidende faktor wees om te besluit wie hulle in die ANC-leierskapstryd ondersteun.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: julius malema  |  anc-jeugliga

Lewer kommentaar op hierdie artikel
34 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Albert sê... Allemagtig maar die klomp kan praat, 'n mens kan sweer hulle is ernstig en dat hulle hulleself glo. Die Premier van die Limpopo van almal, die provinsie wat R42 Miljard se skuld nie kan verklaar nie. Disipline??? Zuma en die hele verdomde regering is 'n toonbeeld van ongedisiplineerdheid by uitnemendheid. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.