ANC, redakteurs vergader oor inligtingswet
2011-12-06 12:03
Kaapstad – Dr. Mathole Motshekga, ANC-hoofsweep, sal na verwagting Dinsdag met seniorredakteurs vergader om die omstrede Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting te bespreek.
Die vergadering kom minder as 'n week nadat die vakverbond Cosatu, die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) en die organisasie Right2Know hul sewepuntplan om die wetsontwerp te beveg, aangekondig het.
Die organisasies sal saam begin met onder meer opvoeding van die publiek oor wat die wetsontwerp behels, bewusmaking, ’n moontlike petisie daarteen en gesprekke oor die betrokke regskwessies. Die wetsontwerp is nou na die Nasionale Raad van Provinsies verwys nadat dit verlede in die parlement aanvaar is, het Die Burger vroeër berig.
Nic Dawes, voorsitter van Sanef se komitee vir mediavryheid, het gesê hulle hoop vir 'n positiewe uitkoms.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter