ANC ontbind sy provinsiale bestuur: Brown lei steeds opposisie in Kaap

2009-07-20 07:37
Tweets Share Share line Print

Heindrich Wyngaard

Athlone – Me. Lynne Brown sal steeds die ANC as opposisie in die Wes-Kaapse parlement lei – al is sy en die res van die provinsiale ANC-bestuur (PUK) die naweek in die pad gesteek.

Dit is egter nie ’n uitgemaakte saak dat eerw. Chris Nissen as die nuwe tussentydse provinsiale leier aangestel sal word nie.

Onsekerheid heers ook oor of mnr. Mcebisi Skwatsha, die uitgeskopte provinsiale leier, ’n ambassadeurspos sal aanvaar as dit vir hom aangebied word.

Skwatsha was nie gister hier by die provinsiale algemene raadsvergadering nie omdat hy ’n begrafnis in die Oos-Kaap moes bywoon. Brown, wat ook steeds ’n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) is, het op dié vergadering gesê die PUK aanvaar die besluit Vrydag deur die NUK om te ontbind.

’n Tussentydse taakspan sal nou binne 14 dae aangestel word om die party in die provinsie te “herbou” totdat ’n nuwe leierskapkonferensie binne nege maande gehou word. Na verneem word, is die besluit deur al die ANC-streke verwerp – met die uitsondering van die Overberg, wat verdeeld was.

“Die mense wil môre ’n konferensie hê sodat hulle die leierskorps terug kan bring,” is gesê.

Die Gautengse premier, me. Nomvula Mokonyane, wat voor die April-verkiesing deur die NUK aangestel is om die Wes-Kaap se verkiesingsveldtog te lei, moes die NUK se besluit op gister se vergadering oordra.

Sy het agterna gesê die besluit om die Wes-Kaapse ANC te herbou is deur die hele vergadering én die PUK verwelkom. Oor Brown se posisie as opposisieleier in die provinsiale parlement het sy gesê: “Sy bly daar.” Maar die kantoor van mnr. Gwede Mantashe, ANC-sekretaris­generaal, sal tot met die aanstelling van die tussentydse taakspan ook ’n ogie hou oor hoe ANC-LPP’s hul werk doen.

Intussen het die ANC die gewelddadige ontwrigting gister in Rustenburg van die byeenkoms van die Noordwes- provinsiale uitvoerende raad skerp veroordeel.

’n Fotograaf van die SAUK is in ’n skietery voor die Ben Marais-saal gewond te midde van dreigemente teen die lewe van LUR’e. ’n Polisie-ondersoek is gevra om vas te stel of die oproermakers wel ANC-lede met griewe was en nie net “misdadige elemente wat hulle as sodanig voorgedoen het nie”.

 

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Albert sê... Allemagtig maar die klomp kan praat, 'n mens kan sweer hulle is ernstig en dat hulle hulleself glo. Die Premier van die Limpopo van almal, die provinsie wat R42 Miljard se skuld nie kan verklaar nie. Disipline??? Zuma en die hele verdomde regering is 'n toonbeeld van ongedisiplineerdheid by uitnemendheid. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.