ANC ongelukkig oor reaksie op Zuma-woning

2011-10-20 22:15
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die ANC het pogings van die media en die opposisie om die “instandhouding van openbare bates te kriminaliseer” gekritiseer en gesê dit is ‘n dominante praktyk in verskeie lande.

“Die mediaberigte probeer om die instandhouding van openbare belange te kritiseer, asof dit nie ‘n inherente verantwoordelikheid van openbare werke is nie,” het Jackson Mthembu, woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

“As openbare bates verwaarloos is, sou beide die media en die opposisie geraas gemaak het en wanneer die regering die waarde van sy bates in plek hou, word ‘n mens steeds van onreg beskuldig.”

Die koerant The Star het vroeër Donderdag berig dat die restourasie van die binnehuis van President Jacob Zuma se amptelike woning in Pretoria  tot R170 miljoen sal beloop.

Dít het Woensdag aan die lig gekom in skriftelike antwoorde van die minister van openbare werke, Gwen Mahlangu-Nkabinde, op parlementêre vrae van die DA.

Die restourasie sluit ‘n sauna en ‘n stoomkamer in.

Die algehele waarde van die restourasie, bouwerk en ander werk wat reeds gedoen is aan Zuma se kantore, amptelike wonings in Kaapstad en Pretoria, asook projekte by die Bryntirion ministeriële landgoed, beloop meer as R400 miljoen.

Mahlangu-Nkabinde het egter die berigte van restourasie Donderdag verwerp. Haar beamptes het haar verseker dat, alhoewel dit waar is dat die presidensiële woning opknappingswerk benodig, hulle nog nie enige kontrakte gefinaliseer of besluit het op ‘n datum waarop die bouwerk sal begin nie.

“Geen werk is nog onderneem nie en geen geld van belastingbetalers is nog spandeer nie.

“In Maart vanjaar, toe ek gehoor het van die koste van die opknappingswerk, het ek gesê dit is te hoog en gesê dit kan nie voortgaan nie,” het sy gesê.

Mthembu het ongelukkigheid uitgespreek oor die manier waarin die media gereageer het.

“Dit is nie in die belang van Suid-Afrika vir die President om onregverdige kritiek te ontvang wanneer die regering praktyke onderskryf wat oor die wêreld heen dominant is nie,” het hy gesê.

Hy het die opposisie se verantwoordelikheid om die regering verantwoordbaar te hou erken, maar het gesê die opposisie het ook ‘n verantwoordelikheid om die rol van die regering en die President te respekteer.

“Dit sal ‘n hartseer ding wees as die media en die opposisie wil voorgee of die veiligheid van ‘n President en sy welstand nie van belang is vir die land nie.”

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
35 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Albert sê... Allemagtig maar die klomp kan praat, 'n mens kan sweer hulle is ernstig en dat hulle hulleself glo. Die Premier van die Limpopo van almal, die provinsie wat R42 Miljard se skuld nie kan verklaar nie. Disipline??? Zuma en die hele verdomde regering is 'n toonbeeld van ongedisiplineerdheid by uitnemendheid. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.