ANC-ondersoek is om ‘Titanic met kougom aanmekaar te probeer hou’

2011-12-18 08:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die ANC is keelvol vir joernaliste wat verwys na “anonieme bronne” in sy nasionale uitvoerende komitee (NUK) en sal voortaan fyn dophou met watter media dié klikbekke praat.

Die meerderheidsparty reken dié gedrag is ’n aanklag teen sy lede.

Dit spreek van swak dissipline en moet in die kiem gesmoor word, veral in aanloop tot die ANC-leiersverkiesing volgende jaar in Mangaung.

Ishmael Mnisi, ’n ANC-woordvoerder, het gesê daar word deesdae beter gemonitor hoe joernaliste oor die ANC berig. ’n Private maatskappy laat Luthuli-huis weet waar presies mediahuise (koerante, TV én radio) hulle op ’n skaal bevind van positiewe, neutrale en negatiewe dekking.

Ook Afrikaanse media word gemoniteer, is aan Rapport bevestig.

Dit kom nadat Gwede Mantashe, sekretaris-generaal, ná ’n NUK-vergadering gesê het leiers wat die ANC in die media kritiseer, is soos ’n slang wat homself byt in ’n poging om sy eie wonde te genees.

Mnisi sê die dophou van beriggewing is nie soseer daarop gemik om individuele joernaliste se werk te ontleed nie, maar eerder om vas te stel met watter joernaliste die klikbekke graag praat.

Die monitering kyk dus spesifiek na gevalle waar anonieme bronne vanuit ANC-leiersgeledere in beriggewing opduik en dié bronne basies uit die slaapkamer praat.

Waar sogenaamde binnekring-bronne gebruik word, sal die tersaaklike mediahuis gekontak word om feite in die berig te bespreek.

Die spesifieke joernalis sal by die feitesending betrek word, sê Mnisi.

Rapport het intussen van ’n verslaggewer verneem dat Mantashe hom gebel het oor ’n rubriek wat hy geskryf het om hom oor sy bronne uit te vra en te kla omdat die ANC in ’n swak lig gestel word.

Mnisi sê dit is onaanvaarbaar dat hul lede as “bronne” of in ’n “nie-amptelike hoedanigheid” met die media praat terwyl daar amptelike kanale is om inligting te bekom.

Prof. Anton Harber van die Universiteit van die Witwatersrand het by navraag gesê hy is onseker wat dié poging die ANC in die sak sal bring.

“Solank daar verdeeldheid in ’n regerende party is, sal inligting uitlek en sal mense met die media praat.

“Dit sal hulle baat om die werklikheid te aanvaar. Dit is ’n gesonde aspek van oop debatvoering en die uitruil van inligting in ’n vrye samelewing.

“Om in die era van WikiLeaks te glo jy kan die uitlek van inligting keer of beheer, is soos om te glo jy kan die Titanic met kougom aanmekaar hou,” sê Harber. 

- Rapport

Lees meer oor: media  |  anc  |  joernaliste

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Albert sê... Allemagtig maar die klomp kan praat, 'n mens kan sweer hulle is ernstig en dat hulle hulleself glo. Die Premier van die Limpopo van almal, die provinsie wat R42 Miljard se skuld nie kan verklaar nie. Disipline??? Zuma en die hele verdomde regering is 'n toonbeeld van ongedisiplineerdheid by uitnemendheid. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.