ANC-nominasies: Motlanthe soek toppos
2012-12-17 14:17
Bloemfontein – Die ANC het Maandag bekendgemaak dat twee kandidate gaan meeding vir president van die ANC.
Die verkiesingskommissie het by die ANC se nasionale konferensie in Mangaung aangekondig dat pres. Jacob Zuma en Kgalema Motlanthe nominasies ontvang het.
Vyf kandidate is vir die posisie van adjunk-president genomineer.
Baleka Mbete en Kgalema Motlanthe het hul nominasies vir dié posisie van die hand gewys.
Dit beteken dat slegs Mathews Phosa, Cyril Ramaphosa en Tokyo Sexwale vir die posisie sal meeding.
Ander ANC-nominasies:
Voorsitter: Baleka Mbete, Thandi Modise
Sekretaris-generaal: Gwede Mantashe, Fikile Mbalula
Adjunksekretaris-generaal: Jessie Duarte (geen stemmery sal vir dié posisie plaasvind nie)
Tesourier-generaal: Paul Mashatile, Zweli Mkhize. Tokyo Sexwale en Lindiwe Sisulu het hul nominasies vir dié pos van die hand gewys.
Indien een persoon vir verskeie posisies genomineer is, sal aparte
stembriewe voorberei word.
Afgevaardigdes sal anoniem stem.
Afgevaardigdes mag nie selfone na die stembusse neem nie. Stemme sal per
hand getel word.
– Volg Nuus24 op
Twitter.