ANC 'n 'gesonde organisasie' – Mantashe
2011-11-26 23:01
Bloemfontein – Die ANC gaan volstoom voort na 2012, het die sekretaris-generaal van die regerende party, Gwede Mantashe, Saterdag gesê.
“Ons het 'n gesonde organisasie... die ANC groei," het hy gesê by 'n vergadering van die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) by die Philip Saunder's-oord buite Bloemfontein in die Vrystaat.
Mantashe se kommentaar volg op onlangse mediaberigte van 'n moontlike “insinking” in die party.
Jacob Zuma, president van die ANC, het ook 'n politieke oorsig oor die ANC gegee.
Mantashe het gesê die NUK het verslae ontvang van verskeie sub-komitees oor die party se finansies en politieke opvoeding.
“Die NUK was besig met ernstige werk,” het hy gesê, en bygevoeg dat dit die laaste byeenkoms van die NUK vir 2011 sou wees.
Die komitee het onder andere besluit om die ANC se beleidskonferensie volgende jaar van 26 tot 29 Junie te hou.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA